Mossel Bay Advertiser

Geliefde polisieman tree af

-

'n Geliefde polisieman van die Mosselbaai-polisiesta­sie tree af.

Adjudant-offisier Edward Benjamin het in Augustus

60 jaar oud geword en die polisiedie­ns onlangs verlaat.

Volgens Benjamin gaan hy en sy vrou voortaan in Calitzdorp woon. Benjamin was naskool verbonde aan die SAKK in Eersterivi­er waar hy as 'n korporaal grensdiens verrig het.

In 1990 het hy by die polisiesta­sie in Calitzdorp aangesluit waarna hy in 2009 na die Mosselbaai-polisiesta­sie verplaas is. Benjamin is 'n pa van twee en oupa van vyf en het as die visuele polisiërin­gskofbevel­voerder onder leiding van kapt Seppie September en die stasiebeve­lvoerder, lt kol Albert Haggard homself as 'n eerlike en hardwerken­de leier met integritei­t bewys.

Volgens kapt September laat Benjamin 'n groot leemte by die Mosselbaai-polisiesta­sie. Op sy beurt bedank Benjamin lt kol Haggard, kapt September en kapt Tekkie van Rensburg vir die invloed wat hulle op sy lewe gehad het.

 ??  ?? Adjudant Offisier Edward Benjamin en kapt Seppie September skud blad voordat Benjamin die polisiedie­ns vir goed verlaat.
Adjudant Offisier Edward Benjamin en kapt Seppie September skud blad voordat Benjamin die polisiedie­ns vir goed verlaat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa