Mossel Bay Advertiser

Ouma in aanhouding na kleinseun se steekdood

- Cornelle Carstens

'n Bejaarde vrou van Brandwag is aangekla van moord nadat sy die afgelope naweek na bewering haar kleinseun met 'n gebreekte bottel noodlottig gewond het.

Volgens inligting verskaf deur die Da Gamaskop-polisie het die oorledene Andrian Muller (24) by sy grootouers in Mislandstr­aat gewoon. Hy het om 01:00 op Saterdag, 2 September na bewering die woning in Mislandstr­aat 122 betree en het glo sy grootouers met 'n besemstok en 'n gholfstok begin aanrand.

Die oorledene se ouma, Siena Muller (60), het vermoedeli­k uit noodweer 'n bottel gegryp en haar kleinseun met die gebreekte kant in die regterkant van sy nek gesteek. Hy het in Mislandstr­aat voor 'n ander woning ineengesto­rt en is op die toneel dood verklaar.

Siena Muller is op die toneel in hegtenis geneem. "Die voorkoms van huishoudel­ike geweld wat tot noodlottig­e voorvalle lei, is vir ons kommerwekk­end. Ons doen 'n beroep op die gemeenskap om hulle verskille op 'n konstrukti­ewe manier by te lê," sê kapt Wollie Fourie, die Da Gamaskop-polisie se kommunikas­iebeampte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa