Mossel Bay Advertiser

VLV leer van Hartenbos-oord se ontstaan

-

Mornay Beukes van die ATKV Hartenbos het die VLV Hartenbos in Augustus ingelig oor die oord se ontstaan.

Na die stigting van die Arikaanse Taal en Kultuurver­eniging (ATKV) in 1930 het die ledetal tot 280 gegroei en is daar besluit om die ledegelde aan te wend tot voordeel van die lede.

Vandaar die stigting van die ATKV-vakansieoo­rd in 1936 is die plaas, Hartenbosc­h gekoop van Nic Meyer.

Die eerste vakansiega­ngers het in 1937 op Hartenbos kom vakansie hou in houthuise en tente. Die Carney-gebou en twee gewelhuise voor teen die see is in 1938 opgerig.

Verdere ontwikkeli­ngs vind plaas en die Walvissaal word op 21 Desember 1972 ingewy.

Die heerlike verhitte swembad was in 1989 voltooi. In 2016 word die nuwe besigheids­entrum en pretpark gebou en nog verdere ontwikkeli­ngs word verwag in die toekoms.

 ??  ?? Moenie skroom om jou tweedehand­se items vir die ACVV Seebries-tehuise se Black Bag-boetiek te skenk nie.
Moenie skroom om jou tweedehand­se items vir die ACVV Seebries-tehuise se Black Bag-boetiek te skenk nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa