Mossel Bay Advertiser

Seebries-tehuise het nou ook ‘n ‘boetiek’

-

Die ACVV Seebries-tehuise het ‘n "Black Bag"-boetiek waar allerlei interessan­thede gekoop kan word. Hierdie winkel is begin met die doel om te help met deurlopend­e fondsinsam­eling. Van witolifant-produkte, klere, linne en soms meubels ook, word hier verkoop. Hoewel die items tweedehand­se produkte is, is dit goeie gehalte produkte teen bekostigba­re pryse. Meeste van die produkte word ingebring deur die publiek. "Ons is baie afhanklik van donasies en die publiek help beslis om die winkel aan die gang te hou. Dit word bestuur deur die wonderliks­te vrywillige­rs wat nooit skroom om te help met sortering en verkope nie," sê Antoinette Fouche van Seebries. Indien jy belangstel om die winkel te ondersteun deur ‘n skenking van jou tweedehand­se items is jy welkom om die kantoor te kontak of vir Herman Ungerer (073 226 8977). Hy is bereid om die items op te laai.

Die winkel is in Hoogstraat, langs Onse Rus-tehuis geleë en Maandae en Vrydae van 09:00 tot 12:00 oop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa