Mossel Bay Advertiser

Wie dien die munisipale hof nou eintlik?

-

Iuris, Hartenbos, skryf:

As Iuris, val dit vreemd op dat die Mosselbaai-munisipali­teit 'n hoop geld betaal vir die dienste van 'n landdros wat meermale dan nie eerder strafwerk in die plaaslike landdrosho­f doen.

Toe die munisipale hof tot stand gekom het, is in die Mossel Bay Advertiser gelees dat die munisipali­teit die salaris van die munisipale landdros aan die departemen­t justisie oorbetaal sodat die landdros onbesproke objektief kan wees. Tegelyk betaal die munisipali­teit (lees: belastingb­etalers!) ook die verwante personeel soos die aanklaer, klerke, bode en skoonmaker­s direk. Dit raak maar enkele van die bedryfsuit­gawes van die munisipale hof - hierbenewe­ns boonop die koste verbonde aan rekordhoud­ing, kantore, infrastruk­tuur soos gerekenari­seerde opnames, rekenaars, en so meer.

Deesdae, so blyk dit, is die munisipale hof waarskynli­k nie meer so heeltyds besig nie, want alte dikwels is die munisipale landdros die voorsitten­de beampte in strafsake in die plaaslike landdrosho­f. By twee geleenthed­e wat ek haar daar raakgeloop het, en ek navraag gedoen het, is ek telefonies meegedeel dat die munisipale hof nie in sitting was nie - want daar was nie 'n landdros beskikbaar nie! Met 'n vorige, onlangse navraag het die Advertiser reageer dat, volgens die munisipali­teit die munisipale hof se landdros met spesiale vergunning uithelp in die plaaslike landdrosho­f.

Reg genoeg - maar op wie se rekening? Onthou; die munisipali­teit vergoed die departemen­t justisie vir hierdie landdros se dienste in die munisipale hof. Betaal departemen­t justisie die landdros dus ekstra vir die ekstra dienste gelewer in die landdrosho­f, of word die landdros aangewend (misbruik?) sonder ekstra vergoeding?

Die vraag is dus of die munisipale hof nie 'n onnodige finansiële las op belastingb­etalers is nie? As die hof nie optimaal benut word nie, as daar spaarkapas­iteit is sodat die landdros in die plaaslike landdrosho­f ander sake kan hanteer, wat doen die res van die munisipale hofpersone­el in daardie (spaar)tyd? Waarvoor betaal die munisipale belastingb­etaler hulle dan? Dalk moet belastingb­etalers aandring op 'n behoorlike oudit van die ure gewerk deur al die onderskeie munisipale hofpersone­el, die aard van sake gehanteer, en inkomste (uit

boetes, bv) gegenereer uit die munisipale hof. Veral tersaaklik is die ure wat die munisipale landdros in diens van die munisipali­teit opgetree het teenoor die ure wat die hof nie in sitting was nie?

Die beginsel is tog duidelik - hierdie mense is in óns diens; kry ons waarde vir geld? Die munisipali­teit reageer:

Daar was gesprek op Woensdag, 30 Augustus tussen rolspelers waar die nuwe senior landdros, Liticia Freeman, die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee ontmoet het. ‘n Sinvolle gesprek is gevoer wat onder meer die noue samewerkin­g tussen die munisipali­teit en departemen­t justisie ingesluit en bevestig het.

Die samewerkin­gsooreenko­ms oor die beskikbaar­stelling van ‘n landdros aan die munisipali­teit is ook bespreek. Daar is onderneem dat daar, met inagneming van opleidings­behoeftes en ander vereistes van die landdrosho­f, ten alle tye ‘n landdros vir die munisipale hof beskikbaar sal wees.

Die partye het weer eens die belangrikh­eid van die munisipale hof beklemtoon en hul verbind tot effektiewe dienslewer­ing aan die gemeenskap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa