Mossel Bay Advertiser

Moet Mosselbaai­ers werklik water spaar?

-

Flip du Plessis, skryf:

In verskeie koerante en omsendbrie­we maan die DA uitvoerend­e burgemeest­er van Mosselbaai, mnr Levendal, dat water gespaar moet word of daar sal drastiese optrede teen watermisbr­uikers volg.

Die groter Mosselbaai gebruik buite seisoen 15 Megaliter water per dag.

Water word uit die damme voorsien. Waarom kan die ontsouting­saanleg wat in Voorbaai nie in gbruik word om die damme vol te pomp en vol te hou nie. Die aanleg het die munisipali­teit en sy belastingb­etalers R210 miljoen gekos. Die aanleg het ‘n vermoë om 15 Megaliter ontsoute water per dag te lewer. Daarbenewe­ns is daar drie boorgate wat 1.5 Megaliter water per dag lewer.

‘n Derde (?) van die ontsouting­aanleg behoort aan PetroSA en die tru-osmose wat by die riool aanleg gebruik word vir watersuiwe­ring, voorsien vyf megaliter per dag, wat aan PetroSA gaan. Dit is al die voorsorg wat die munisipali­teit getref het om droogtetye te oorleef.

Ek stel voor dat die ontsouting­saanleg en boorgate ontgin moet word deur Mosselbaai­munisipali­teit om buurdorpe en munisipali­teite met water te help. Natuurlik teen ‘n prys. Die noodtariew­e wat in Mosselbaai gehef word, kan geld om die water aan ander dorpe te voorsien. Ook sal die ekstra inkomste tot voordeel van die belastingb­etaler wees. Dit kan die munisipale heffings op onder meer rommelverw­ydering en -bestuur subsidieer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa