Mossel Bay Advertiser

Bad minder, dis my raad

-

CS Erasmus, skryf:

Die meeste plaasmense het net Saterdagmi­ddae gebad vir Sondag se kerk toe gaan. Die res van die week is die strategies­e sleutelpun­te met 'n skotteltji­e water en natlappie besoek. Blykbaar het die gewone mense van die middeleeue net een keer per jaar en wel in Meimaand gebad.

Daarom was Juniemaand die gewildste maand om te trou, want dan het die bruid nog betreklik vars geruik. Almal het in dieselfde groot bad water in streng hierargies­e volgorde gebad. Heel eerste het die huisbaas gebad en na hom al die ander mansmense. Daarna het al die vroumense gebad gevolg deur al die kinders.

Heel laaste is die babas gebad, maar dan was die water al so troebel dat 'n baba maklik misgekyk kon word. Vandaar dan die spreekwoor­d dat ons nie die baba saam met die badwater moet uitgooi nie. Helaas, om te bad is en bly een van daardie dinge wat ons noodgedwon­ge moet doen om sosiaal aanvaar te wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa