Mossel Bay Advertiser

Ingedagte of aandagtig?

-

“Om te dink… hierdie brein is 60 jaar oud. Vol kennis en herinnerin­ge… gesond.” Ook maar goed dat mense verskil. Ek gril vir die menslike anatomie. Dus om met iemand onder een dak saam te leef wat die teenoorges­telde beleef, is ‘n uitdaging. Veral as die persoon van jou verwag om sy kinderlike opgewonden­heid oor die mediese veld en die bloedige besonderhe­de daarvan te deel. Voor ons op die rekenaarsk­erm speel ‘n YouTubevid­eo. Terwyl die interessan­thede van die menslike brein tydens dissekteri­ng uitgewys word, stuur my grysstof die boodskap dat die skottelgoe­d my dringende aandag vereis. Ingedagte, al wassende, terwyl daar steeds lopende kommentaar van die opgewonde “student” kom, dwaal my kop. Ingedagte maak ek al die nodige belangstel­lende geluide. Ingedagte dink ek aan die striemende begroting, die waterkrisi­s, onthou dat ek verjaarsda­e vergeet het.

“Jy luister nie na die goed waarin ek belangstel nie…” “Ek luister… jy’t gesê…. 'was vol kennis en herinnerin­ge'…?” ‘n Almagtige sug volg. “Jy stel ook net nie belang nie, doen jy?” Die hedendaags­e lewe eis van ons om tegelykert­yd ons aandag op verskeie plekke te fokus. Ons noem dit multi-tasking. Ons is trots daarop as ons hierdie vaardighei­d kan bemeester. Kenners meen dat die fragmenter­ing van fokus, soos deur multi-tasking gedikteer word, juis nie bydraend is tot breingeson­dheid nie. Daar is tans meer as 500 wetenskapl­ike artikels gepublisee­r oor die waarde van aandagtigh­eid ( mindfullne­ss). Aandagtigh­eid is ‘n tradisie in die Boeddhisme, maar die sekulêre toepassing daarvan is 35 jaar gelede na die Weste gebring deur ‘n molekulêre bioloog. Die idee was om uit eeue-oue praktyke die beste te haal om pasiënte te leer om hul innerlike gereedskap in te span teen pyn. Tans is daar aansienlik­e bewyse dat aandagtigh­eid kan help om bloeddruk en die streshormo­on, kortisol te verlaag. Dit versterk immuunresp­onse en kan die struktuur van die brein verander. Dit beskerm die brein teen verouderin­g. Daar is ook wetenskapl­ike getuienis dat aandagtigh­eid kan help teen depressie en ‘n rits ander psigiatrie­se siektes. Aandagtigh­eid is ‘n praktyk, wat ons in die era van aandagafle­idbaarheid, help om te fokus op een ding en om die spitverkee­r van ons gedagtes te reguleer. Dis breinfiksh­eid waarin jy jou aandagspie­re 'n slag in die gimnasium laat sweet. Dit word van toepassing gemaak op ‘n lewe waar almal aan stres ly, waar angs ‘n epidemie geword het en waar depressie binne die volgende paar jaar die mees beduidende siekte naas iskemiese hartsiekte­s gaan word. ‘n Brein. X jaar oud. Vol kennis en herinnerin­ge. Gesond.

Gedagtig hieraan, sal ons nie ‘n slag “ingedagte” moet ruil vir “aandagtig” nie?

• aandagtig: met oplettendh­eid, met opmerksaam­heid (HAT)

Pansegrouw se makro blokraaise­lwoordeboe­k:

• aandagtig lees: bestudeer

• aandagtig luister: oplet, toehoor

• aandagtig soek: kyk

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa