Mossel Bay Advertiser

Duiwe laat my wonder

Dis nie snaaks om te lees dat duiwe op ‘n numeries opvolgende wyse by hulle blyplek opdaag.

-

Bennus van Danabaai, skryf:

In Danabaai is daar drie eienaars van duiwe wat gereeld aan wedvlugte deelneem (300 – 500km per wedren).

Hierdie drie persone se hokke is minder as 2 000 meter van mekaar en elke dag verwonder ek my aan hoe die verskillen­de groepe (50+) duiwe oefen deur aanhoudend in groot sirkels om my huis te draai. Hoekom die duiwe nie deurmekaar raak nie weet net hulle. Ek lees getrou die wedvlug-uitslae. Dankie daarvoor. Dis nou al lankal dat ek die verskynsel opgemerk het dat hokke hulle duiwe klok op ‘n heel interessan­te wyse. Dis nie snaaks om te lees dat duiwe op ‘n numeries opvolgende wyse by hulle blyplek opdaag. Ek haal ‘n paar resultate aan ter illustrasi­e; Hok A- 1, 3, 5, 7, 8; Hok B- 1, 3, 4, 6, 7, 8; Hok C - 20, 21, 24, 25; Hok D - 28, 29, 30 en Hok E - 10, 11, 12. Wat is die mees aanvaarde verklaring vir hierdie verskynsel? Verkies die duiwe om ‘n wedvlug in spanverban­d aan te pak deur saam met hul vriende te vlieg? Ek het ook al gelees dat ‘n hok die wenner klok en die tweede duif van daardie hok kom eers op nommer 17 in. Dit knou nou weer my teorie dat hierdie eintlik ‘n spanpoging sport is!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa