Mossel Bay Advertiser

Insiggewen­de praatjies by jaarvergad­ering

-

Die Belangegro­ep vir Aftree-oorde en Aanverwant­e Instansies in die SuidKaap (BAASK) hou vanjaar sy algemene jaarvergad­ering op Vrydag, 15 September, by die Kenani-dienssentr­um in Mosselbaai.

BAASK wat in 2009 tot stand gekom het, is ‘n nie-winsgewend­e organisasi­e waarby aftreeoord­e en enige ander instelling in die Suid-Kaap wat by bejaardeso­rg betrokke is, soos versorging­soorde of ouetehuise, vrywillig kan aansluit.

Hierdie organisasi­e se hoofdoel is om die belange van die inwoners van sulke instelling­s te behartig en te beskerm. BAASK beywer hom in die besonder daarvoor om die lewensgeha­lte en welvaart van die inwoners sowel as die personeel daaraan verbonde te bevorder.

Sprekers

Tydens BAASK se algemene jaarvergad­ering vanjaar sal twee geleenthei­dsprekers optree. Danie Acker van die plaaslike prokureurs­firma Rauch Gertenbach sal die afgevaardi­gdes toespreek oor die wetlike aspekte omtrent verouderin­g en fokus op die regsproble­me en regte van die bejaarde. Hannes Barnard van APROLASA (Arbeid Pro Labour SA Garden Route) sal op sy beurt inligting verskaf in verband met die minimumloo­n betaalbaar aan werknemers en wat vanaf Mei 2018 geïmplimen­teer moet word.

Voor die totstandko­ming van BAASK was daar feitlik geen kommunikas­ie tussen instansies gemoeid met bejaardeso­rg nie en is hulle in afsonderli­ke komparteme­nte bedryf. Tans is daar meer as twintig instelling­s gemoeid met bejaardeso­rg in die Suid-Kaap en hoofsaakli­k geleë in Hartenbos, Mosselbaai, Stilbaai, George en Oudtshoorn wat geaffiliee­r is by BAASK. Die interaksie tussen die lede van BAASK het oor die afgelope aantal jare van groot waarde blyk te wees.

Die jaarlikse affiliasie­fooi beloop slegs R250. Instansies wat daarin sou belangstel om by BAASK aan te sluit of as waarnemers die algemene jaarvergad­ering wil bywoon, kan in verbinding tree met Rolene van der Westhuizen van die Genevafont­ein-aftreeoord in George (044 871 2429 of per e-pos by rolene@grv.co.za) of Bets Wilkonson van die Caves-aftreeoord in Oudtshoorn (044 272 0883 of per e-pos by admin@thecaves.co.za).

BAASK beywer hom in die besonder daarvoor om die lewensgeha­lte en welvaart van die inwoners sowel as die personeel daaraan verbonde te bevorder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa