Mossel Bay Advertiser

Top ooie ingeskryf

-

Elri de Jager van Swartklip, Albertinia en Petra en Thys du Toit van Buffelsfon­tein, Mosselbaai was die algehele wenners in onderskeid­elik die merino- en Dohne merinoafde­lings tydens die jaarlikse George kuddeevalu­eringkompe­tisie wat op 25 Augustus op die George-skougronde plaasgevin­d het.

Dit was die 33ste keer wat dié kompetisie aangebied is en was dit weer eens 'n groot sukses ten spyte van groot droogte in die streek. Daar was twee groepe onder beoordelin­g naamlik merinos en Dohne merinos. Tien deelnemers het elk agt ooie ingeskryf. Die gehalte van die ooie was baie goed en die uniformite­it tussen ooie uitstekend. Die kompetisie is deur Gawie van Wyk (NWKV - Carnarvon) en Corné Nel (BKB skaap- en woladviseu­r - Beaufort-Wes) beoordeel terwyl Jannie Fourie (NWKV - Caledon ) die punte verwerk het.

Pieter Aucamp en Hennie Senekal van BKB Mosselbaai en Riversdal het gehelp met reëlings en Gerhard du Toit en Deon Greyling van BKB-skeerdiens het die dag afgesluit met 'n skeerdemon­strasie wat almal baie geniet het. Die uitslae was soos volg:

Merinos

Algehele wenner: Elri de Jager van Swartklip, Albertinia met Willem Oosthuizen van Môreson, Albertinia tweede

Beste ooi: Elri de Jager en Willem Oosthuizen tweede

Beste wol: Elri de Jager met Saag Jonker Familie Trust van Schoonberg, Herold tweede

Beste bouvorm: Elri de Jager met Willem Oosthuizen tweede

Beste vordering: Gus du Toit van Grootfonte­in, Herold met Saag Jonkerfami­lietrust tweede

Beste kortwolgro­ep: Elri de Jager met Willem Oosthuizen tweede

Dohne merinos

Algehele wenner: Petra en Thys du Toit van Buffelsfon­tein, Mosselbaai met Henry Meyer van Pleasant View, Hartenbos tweede Beste ooi: Petra du Toit eerste en tweede Beste wol: Petra du Toit met Henry Meyer tweede

Beste bouvorm: Henry Meyer met Petra du Toit tweede

Beste kortwolgro­ep: Henry Meyer met Johan Coetzee van Lamond Bdy, Mosselbaai tweede

Beste vordering: Henry Meyer met George van Reenen van Ganzekraal, Herold tweede

 ??  ?? Die onderskeie deelnemers en borge van die George kudde-evaluering­skompetisi­e.
Die onderskeie deelnemers en borge van die George kudde-evaluering­skompetisi­e.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa