Mossel Bay Advertiser

Triton-hengelklub hou prysuitdel­ing

-

Triton-hengelklub, die 2016/17-kampioene van die Eden-hengelvere­niging het op 26 Augustus hulle jaarlikse prysuitdel­ing gehou waartydens hengelaars vir hulle prestasies vereer is.

Die top hengelaar van die jaar is André Els. Hy het ook die prys ontvang vir die grootste oneetbare vis gevang - 'n koperhaai (bronsie) van 141.47kg.Die top o/21-hengelaar is Alex Smidt terwyl Phillip van Niekerk die prys ontvang het vir die grootste eetbare vis gevang - 'n mosselkrak­er van 8kg.

Die prys vir die meeste vis gevang, 57 visse, is aan Banie Vermeulen toegeken. Luan

Els is die top o/16-hengelaar en Wilma Venter die top vrouehenge­laar van die jaar.

Die trofeë is deur die voorsitter van Triton-hengelklub, Steve Denny aan die onderskeie presteerde­rs oorhandig. Paul Kruger het die prys ontvang vir beste vordering.

 ??  ?? André Els (regs) word deur die voorsitter van Triton-hengelklub, Steve Denny geluk gewens met sy prestasie as kampioenhe­ngelaar van Tritonheng­elklub vir die 2016/17-seisoen.
André Els (regs) word deur die voorsitter van Triton-hengelklub, Steve Denny geluk gewens met sy prestasie as kampioenhe­ngelaar van Tritonheng­elklub vir die 2016/17-seisoen.
 ??  ?? Phillip van Niekerk spog met die prys vir die grootste eetbare vis van die seisoen wat hy gevang het.
Phillip van Niekerk spog met die prys vir die grootste eetbare vis van die seisoen wat hy gevang het.
 ??  ?? Alex Smidt is Tritonheng­elklub se top o/21-hengelaar vir 2016/17 seisoen.
Alex Smidt is Tritonheng­elklub se top o/21-hengelaar vir 2016/17 seisoen.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa