Mossel Bay Advertiser

Stiaan verskaf vonk teen Limpopo Blou Bulle

- André Stander

Die vurige flank, Stiaan Grobler, het Vrydagaand die vonk verskaf in die SWD o/20rugbyspa­n se volpunte oorwinning van 31-11 oor die Limpopo Blou Bulle op Outeniquap­ark.

Die Jong Arende, wat in die hoofvoorwe­dstryd vir die SWD Arende en Grens-Bulldogs gespeel het, het met aanskoulik­e hardloopru­gby die grondslag gelê vir hul ouboet se eerste sege vanjaar in die Curriebeke­r-kompetisie.

Die Blou Bulle het met 'n groot aanslag voor die dag gekom en was na 30 minute in die eerste helfte met 6-0 voor. Alhoewel afronding hul soms in die steek gelaat het, was die kalmte en uitstekend­e verdedigin­g van die Jong Arende iets spesiaals.

Die groot binnesente­r van SWD, Michael Fernoll, is in die 33ste minuut oor vir ‘n skitterend­e drie wat hy binne sy eie gebied begin het.

In die 37ste minuut is Fernoll oor vir sy tweede drie na ‘n mooi breekslag deur sy losskakel, Will Seconds, matrieklee­rder by Hoërskool George.

Eddie Myners, hoofafrigt­er van die Jong Arende, het duidelik hard gepraat want na rustyd was daar net een span op die veld. Die span het nog drie pragdrieë gedruk en ‘n waardevoll­e bonuspunt verseker. Met hul rotsvaste verdedigin­g het hul net een drie afgestaan.

Met die goeie wen het die Jong Arende hul posisie verstewig in die tweede plek op die punteleer om sodoende in ‘n tuis-semifinaal te speel.

Grobler, wat in die aanval en verdedigin­g geskitter het, is aangewys as speler van die wedstryd. Die slotpaar, Willem Coetzer en Justin Levendal, en Denvor Prins, vaskopstut en kaptein, het ook voorlangs gekook. Vir die jongspan agterlangs het Seconds, Fernoll en Jaywin Pietersen (plaasverva­nger-linkervleu­el) uithalersp­el gelewer.

"Ons plan was vyf punte en geen vir hulle nie en ons het dit behaal. Dié span wys die SWD beskik oor die talent om die groot honde skrik te maak," het Myners na die wedstryd gesê.

Puntemaker­s

SWD o/20 31 (12): Drieë - Michael Fernoll (binnesente­r, 2) Ayden Joseph (skrumskake­l), Ronaldo Fortuin (heelagter) en Jaywin Pietersen (plaasverva­nger-linkervleu­el). Fortuin klits ook drie doelskoppe oor.

 ??  ?? Ronaldo Fortuin sweef oor die bal ná hy gaan druk het.
Ronaldo Fortuin sweef oor die bal ná hy gaan druk het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa