Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai-duiwe keer mooi terug

-

Die duiwe van die Mosselbaai­ers wat die afgelope naweek aan die onderskeie wedvlugte vanaf Strydenbur­g (500km) deelgeneem het, het goed teruggekee­r.

Danie Barnard, Jan Rousseau, Gillroy en Chapmar se duiwe was die wenners van die onderskeie wedvlugte, naamlik die SKDU ope 1, Tuinroete ope 1, SKDU ope 2 en Tuinroete ope 2.

Die ope 1 deelnemers is om 07:00 losgelaat met die Ope 2 deelnemers 'n uur later, om 08:00.

Die eerste duiwe in die ope 1 was kort na 13:00 terug en dié in die ope 2 net voor 14:00.

Uitslae

SKDU ope 1: Danie Barnard (1, 28, 29); Gillroy (2, 3, 4, 6, 26); Christo Pretorius (5, 14, 16, 17, 24, 27); Daan Stander (7, 15, 18, 21); Chapmar (8, 9, 10, 11, 12); AJE Lofts (13, 30); Le Grange Hokke (19, 20); Hekka Fourie (22); Calitz Boshoff Suzy (23, 25).

SKDU ope 2: Gillroy (1, 2, 3, 6, 7, 23); Chapmar (4, 20, 22, 25, 29); Le Grange Hokke (5, 11, 13, 18, 28); AJE Lofts (8); Danie Barnard (9); Calitz Boshoff Suzy (10, 15, 17, 30); Christo Pretorius (12, 16, 19, 27); Hekka Fourie (14, 24, 26); Daan Stander (21).

Tuinroete ope 1: Jan Rousseau (1, 4, 6, 7, 15, 22, 30); Le Grange Hokke (2, 8); Barnard Loft (3, 13, 18); Christo Pretorius (5, 11, 14, 27); Hekka Fourie (9); Chapmar (10, 17, 24, 25, 29); Gillroy (12, 23); R&R Lofts (16, 19, 21, 26); AJE Lofts (20, 28).

Tuinroete ope 2: Chapmar (1, 14, 15, 16, 28, 29); Van Eeden Lofts (2); R&R Lofts (3, 11, 17); Jan Rousseau (4, 5, 7, 8, 13); Christo Pretorius (6, 12, 23); AJE Lofts (9, 24); Parkeneers (10, 22); Barnard Loft (18, 19, 27, 30); Gillroy (20, 25); Calitz Boshoff Suzy (21); Le Grange Hokke (26).

Mosselbaai se juniorlid, Marzaan van der Linde behaal 'n 5de, 6de, 8ste en 9de plek in haar afdeling.

Jaaroud-kampioene

Met die jaaroud-wedvlugte in beide die SKDU en Tuinroete wat verlede week tot 'n einde gekom het, wens die klub vir Gillroy en Chapmar geluk met die prestasie wat hulle behaal het as die Mosselbaai-kampioene in onderskeid­elik die SKDU en Tuinroete.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa