Mossel Bay Advertiser

Lemos maak weer eens skoonskip

-

Die duiwe van die Diaz All Flightklub het die afgelope naweek deelgeneem aan wedvlugte vanaf Strydenbur­g (490km). Dit was weer die duiwe van Joe Lemos wat skoonskip gemaak het onder die ander duiweboere.

Lemos behaal weer 'n tweekuns deur beide die klub se twee wedvlugte vanaf Strydenbur­g te wen. In die eerste ope vlug palm hy die wenposisie in met Larry van Vuuren in die tweede en Kalahari Boesman in die derde plekke. In die tweede ope vlug verower Lemos die eerste drie plekke met Kalahari Boesman in die vierde plek. Lemos behaal altesaam 18 plekke in die klub se twee wedvlugte.

In die dorpseksie se ope een afdeling behaal Smalberger-hokke die wenposisie met T&L Swart in die tweede en Chris Nel in die derde plekke. Die dorpseksie se ope twee afdeling word gewen deur Alfie Ladson met Smalberger-hokke in die tweede en derde plekke.

Volledige uitslae is soos volg:

Ope 1 afdeling klub: Joe Lemos (1, 6, 9, 10, 11, 12, 16, 17, 18); Larry van Vuuren (2, 4, 5, 15, 21); Kalahari Boesman (3, 8, 14, 19, 20); Rhyn van Rooyen (7, 13, 22, 23, 26); George Bezuidenho­ut (24, 27); Smalberger­hokke (25); T&L Swart (28, 30); Chris Nel (29).

Ope 2 afdeling klub: Joe Lemos

(1, 2, 3, 5, 7, 9, 11, 16, 17); Kalahari Boesman (4, 6, 12, 18, 24, 26); Larry van Vuuren (8, 13, 21, 22,

29, 30); Rhyn van Rooyen (10, 19, 20, 27); Alfie Ladson (14); George Bezuidenho­ut (15); Smalberger-hokke (23, 25, 28).

Ope 1 afdeling dorpseksie: Smalberger-hokke (1, 5, 8, 12, 15); T&L Swart (2, 4, 9, 16, 17, 18, 19); Chris Nel (3, 6, 7); Jurgens Truter (10, 11, 14); Alfie Ladson (13).

Ope 2 afdeling dorpseksie: Alfie Ladson (1, 6, 8, 11); Smalberger-hokke (2, 3, 4, 5, 12); Jurgens Truter (7, 9, 10, 13); Chris Nel (14).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa