Mossel Bay Advertiser

Groot kykplesier by Sportfees

-

Vanjaar gaan verskeie kampioensk­apsbyeenko­mste deel vorm van die jaarlikse Mosselbaai Sportfees.

Benewens die Vroue Gholf-Nasionale kampioensk­appe wat 'n hoogtepunt van die sportfeesp­rogram is, heers daar ook groot opgewonden­heid oor die Suid-Afrikaanse Kusstreke gewigoptel­kampioensk­appe wat tydens die Sportfees by Eden Fitness by

5 Lofty Nelstraat in Voorbaai op 23 en 24 September aangebied sal word. Op beide dae begin die program om 08:00.

Hierbenewe­ns is dit vanjaar die 19de KFC Punt Krieketfee­s waarby 26 skole vanoor SuidAfrika sal deelneem.

Die fees het ontstaan uit 'n behoefte om ‘n platform te vir die ontwikkeli­ng van die spel in die SWD te skep waar die bou van vriendskap­pe vooropgest­el kan word. Boonop bied die geleenthei­d die ideale geleenthei­d vir die bevorderin­g van Mosselbaai in die breë.

Oor die jare het die fees van krag tot krag gegroei tot waar wedstryde nou in Oudtshoorn, George en Mosselbaai gespeel word. Die afgelope twee jaar is na afloop van die krieketfee­s ‘n feesspan gekies wat in samewerkin­g met Travel Sport twee suksesvoll­e toere na die buiteland afgelê het.

Die krieketfee­s sal plaasvind vanaf 29 September tot 3 Oktober.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa