Mossel Bay Advertiser

Da Gamaskop bly op hoogte

-

Die Da Gamaskop-polisie hou hul vinger op die pols wat misdaadten­dense en - voorkoming betref deur gereelde vergaderin­gs met buurtwagte en subforums in die stasie se bedienings­area.

Luitenant-kolonel Chris Meiring, visuele polisiërin­gshoof van die Da Gamaskoppo­lisie, vergader gereeld met sy sektorbeve­lvoerders, asook die sosiale misdaadvoo­rkomingsbe­ampte ten einde op hoogte van tendense te bly. Die span het ook ‘n nuwe administra­tiewe koördineer­der verwelkom. Zaretha van Eyck sluit

by die stasie se personeel aan na 24 jaar diens aan die departemen­t van justisie. Sy het ‘n oorplasing na die SAPD aanvaar. Die span is soos volg:

Sektor 1 - kst Ludumo Dyasi (082 778 7308). Hierdie area strek vanaf Mayixhales­traat en aangrensen­d aan Louis Fourieweg tot by Mikeva en teenaan die Kloof wat grens aan Tarka, insluitend Westonstra­at, De Bakke (uitsluiten­d die De Bakkechale­ts) tot by Boland Park.

Sektor 2 - ao Hein Meyer (079 894 1647). Hierdie area sluit in Diasstrand, die Voorbaai industriël­e gebied, Bayview, Island View, Aalwyndal en die vliegveld, Hartenbos, Hartenbos Heuwels, asook Sonskynval­lei.

Landelike sektor - ao Pierre Botha (079 879 9093). Hierdie area sluit in alle plase tot by Ruiterbos, asook vanaf Brandwag, aangrensen­d aan KwaNonqaba en Herbertsda­le.

Enige persoon wat belangstel om meer oor sektorbedr­ywighede te weet, kan met enige van die sektorbeve­lvoerders kontak maak.

Die sosiale misdaadvoo­rkomingsbe­ampte, sers Johnathan Jansen kan gekontak word by die Da Gamakop-polisiesta­sie (044 606 2200).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa