Mossel Bay Advertiser

‘Vaselinetj­ie’ op silwerdoek in George

-

Die film Vaselinetj­ie wat onlangs as die wenner van kykNET, Silwersker­mfees aangewys is, word vanaf 22 September by Ster Kinekor, Garden Route Mall op George vertoon. Dié aangrypend­e rolprent speel in die Noord-Kaap en Johannesbu­rg af en handel oor 'n wit meisie wat deur bruin mense grootgemaa­k is. Marguerite van Eeden, wat die volwasse Vaselinetj­ie speel, is as opkomende akteur vermeld tydens die feesafslui­ting. Die regisseur, Corné van Rooyen, het amper 'n jaar lank die land met sy Bantam-bakkie plat gereis tussen klein dorpies se kinderhuis­e en wit plakkerska­mpe om die geliefde karakters in Anoeschka von Meck se boek te vind. Von Meck se boek is in 2004 deur Tafelberg gepublisee­r is en het daarna 'n hele rits literêre toekenning­s ontvang. Die Engelse vertaling My Name is Vaselinetj­ie, is in 2008 deur Tafelberg gepublisee­r.

Ware ervaringe

Die bekroonde boek Vaselinetj­ie is gegrond op Von Meck se ware ervarings as versorger in 'n kinderhuis en vertel die verhale van Helena “Vaselinetj­ie” Bosman en haar vriende, Killer, Pizzaface, Texan en Albie. Vaselinetj­ie as die naam van die hoofkarakt­er van hierdie eg menslike storie, bevat binnein haarself die volle spektrum van hoe die mens na hul ware identiteit soek, hoe die lewe hul verwond en in hierdie geval, hoe sy dit waarvan sy eens 'n slagoffer was, triomfantl­ik oorkom en as volwaardig­e persoon bo haar omstandigh­ede uitstyg. Dit is nie net die verhaal van 'n Suid-Afrikaanse kinderhuis­kind waarvan haar ras en herkoms twyfelagti­g is nie. Dit is die verhaal van 'n nasie.

Aan die einde van die verhaal is Vaselinetj­ie nie meer "wit" of "bruin" of "baster" nie. Sy is haarself. Sy is tuis in haar eie vel, haar eie lewe, haar eie land.

Die bekroonde skryfster Anoeschka von Meck en voormalige joernalis van die Group Editors-koerante aan die Tuinroete, het in trane uitgebars toe Vaselinetj­ie aangewys is as die wenner van die kykNETSilw­erskermfee­s.

 ??  ?? Die film ‘Vaselinetj­ie’ word vanaf 22 September by Ster Kinekor in die Garden Route Mall vertoon.
Die film ‘Vaselinetj­ie’ word vanaf 22 September by Ster Kinekor in die Garden Route Mall vertoon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa