Mossel Bay Advertiser

KOMMER OOR LOUIS FOURIEWEG

- Nickey le Roux

Ingenieurs beplanning vir die opgraderin­g van Louis Fourieweg tussen Beach Boulevard West en Garretstra­at is bykans afgehandel. Die pad se opgraderin­g is ‘n prioriteit vir die munisipale raad weens die druk verkeer in spitstye en tydens vakansies. Die provinsial­e regering is oorgehaal om met die ontwikkeli­ng voort te gaan, maar ‘n taakgroep, verteenwoo­rdigend van besigheids­lui sal binnekort weer met die beplanners vergader om hul kommer oor sommige knelpunte uit te stryk.

Vrydag, 29 September het verteenwoo­rdigers van die raadgewend­e ingenieurs, provinsial­e padingenie­ur en omgewingsk­onsultante met belanghebb­ende besigheids­lui oor die opgraderin­g, wat in vyf fases sal geskied, vergader.

Verskillen­de fases

Fase een, die opgraderin­gs van verkeer s kruisings by Essenhout-en Sc hoe man strate en die verkeer s aansluitin­g vanaf Louis Fourieweg na Marshstraa­t, is afgehandel. Die direkteur van beplanning en geïntegree­rde dienste, Carel Venter, sê dit het verkeersvl­oei verbeter.

Die provinsial­e regering, wat vir die instandhou­ding en dus opgraderin­g van Louis Fourieweg verantwoor­delik is, wil met die volgende opgraderin­gsfase begin. Hierdie fase sal Louis Fourieweg teen ‘n koste van R130 miljoen in ‘n vierbaanpa­d met twee bane in

elke rigting tussen Beach Boulevard West en Garretstra­at omskep sodat verkeer vinniger kan vloei.

Die derde fase behels die trajek tussen Georgeweg, Bakke-, Canty- en Hallstrate, waarna die stuk tussen Marshstraa­t en Beach Boulevard West sal volg. In die vyfde fase word dele van Louis Fourieweg tussen Floraweg en Marshstraa­t, en tussen Garretstra­at en Waboomstra­at voltooi, hoewel verkeersdr­uk op die laasgenoem­de gedeelte kan meebring dat dié opgraderin­g gouer geskied.

Langtermyn­beplanning

Volgens Dru Martheze van die WesKaapse provinsial­e regering is die ingenieurs­beplanning gegrond op talle studies na die verkeersdr­ukte op die pad, asook die munisipali­teit se 20-jaar munisipale grond gebruik s beplanning. Sys ê die opgraderin­g s beplanning fokus daarop om verkeersdr­ukte tot minstens 2040 hanteerbaa­r te kan bestuur.

Volgens Martheze is die oogmerk spesifiek om verkeersvl­oei te verbeter deur minder verkeersli­gte en met tweebaanve­rkeer in elke rigting en met eksklusiew­e afdraaie by sekere kruisings. Hierdie eksklusiew­e afdraaie sal meebring dat verkeer net in een rigting, maar nie noodwendig meer oor die kruising sal kan afdraai nie.

Problemati­es

Besigheids­lui ag eksklusiew­e afdraaie by sommige kruisings problemati­es omdat dit kliënte mag verontrief en hul besighede mag benadeel sou bestaande toegange na die besigheid s persele belemmer word. Kommer bestaan oor die aansluitin­gs by onder meer Watson, Sam Williams en die Langeberg Mall. By die Langeberg Mall is die verkeer s aansluitin­g herontwerp om by Nestléweg aan te sluit, juis ter wille van ramp risiko bestuur. Di traak veral swaar voertuig verkeer, hoewel enkele voorstelle daaroor gemaak is.

Die voorsitter van Mosselbaai se besigheids­kamer, Fanus Truter het gemaan dat besighede nie vir 49 weke van die jaar benadeel mag word om verkeersdr­ukte oor drie weke van die vakansiese­isoen te verlig nie. Hy het gevra dat aansluitin­gs vir die Langeberg Mall en die eksklusiew­e afdraaiban­e heroorweeg moet word.

Volgens Martheze het die opgraderin­gs ‘n langer termyn beplanning­s raamwerk. Sys ê daar is wel met sommige groter besighede onderhande­l en hul inkoop bekom. Sy benadruk dat toegange nie noodwendig belemmer word nie, maar dat verkeersvl­oei op Louis Fourieweg sonder onnodige verkeersli­gte wesenlik en oor die langer termyn sal verbeter.

Ekonomiese ruggraat

Martheze het na Louis Fourieweg as Mosselbaai se ekonomiese ruggraat verwys, ‘n dorpsbate wat op volhoubare wyse opgegradee­r en bewaar moet word.

Mosselbaai se munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee, het ook gevra dat voorsienin­g gemaak moet word vir die taxi-bedryf wanneer die opgraderin­gs beplan word, juis omdat die munisipali­teit nie oor grond in Voorbaai beskik vir die oprigting van taxi-staanplekk­e nie.

Foto: Phillip Vermaak

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa