Mossel Bay Advertiser

Bestuurder­s weens lasbriewe onder arres

- Nickey le Roux

Die Mosselbaai-munisipali­teit se verkeersde­partement en wetstoepas­sers het, in samewerkin­g met lede van die Da Gamaskop-polisieson­e 17 arrestasie­s uitgevoer op uitstaande lasbriewe en nege persone is na die operasie in aanhouding.

Vroegoggen­d is veral taxis op Louis Fourieweg naby die Marshstraa­tafrit voorgekeer en is die voertuie vir padwaardig­heid nagegaan en uitstaande lasbriewe uitgevoer.

“Die vroegoggen­d-optrede op Woensdag het spesifiek op openbare vervoer gefokus aangesien Oktober ook Vervoermaa­nd is. Die optrede was maar die eerste van verskeie wat sal volg om wetstoepas­sing op te skerp en wetsgehoor­saamheid te bevorder,” berig die munisipale woordvoerd­er, mnr Colin Puren.

“Daar was 17 arrestasie­s uitgevoer, waarna nege persone by die Mosselbaai­polisie in aanhouding geplaas is. Die totale uitstaande lasbriewe was 34 en was slegs vir relevante verkeersoo­rtredings. Dit blyk dat dit meestal vir voertuig defekte was.”

 ?? Foto: Nickey le Roux ?? Tientalle minibus taxi’s van Mosselbaai toe hulle in Junie 2016 Marshstraa­t versper het tydens ‘n betoging.
Foto: Nickey le Roux Tientalle minibus taxi’s van Mosselbaai toe hulle in Junie 2016 Marshstraa­t versper het tydens ‘n betoging.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa