Mossel Bay Advertiser

Giliomee gesels oor Skoor-ondersoek

- Nickey le Roux

Mosselbaai se munisipale bestuurder, Adv Thys Giliomee is onlangs deur die provinsial­e parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge (Skoor) genooi om ‘n ouditversl­ag oor die Wes-Kaapse Drankowerh­eid (WKDO), waarvan hy voorheen die hoof uitvoerend­e beampte was, toe te lig.

Hy het openhartig die Mossel Bay Advertiser se vrae oor hierdie besoek beantwoord.

Waarom het u Skoor onlangs besoek?

Skoor het my genooi om ‘n forensiese ouditversl­ag na beweerde onreëlmati­ge uitgawes, aangegaan deur die Wes-Kaapse Drankowerh­eid (WKDO) in die termyn toe ek die hoof uitvoerend­e beampte daarvan was, te bespreek. Ek het na versoeke dié verslag wel ontvang.

‘n Kaapstadse dagblad, The Cape Times het op 19 April oor die ouditversl­ag berig. Hoewel die verslaggew­er my destyds om kommentaar genader het voor die berig verskyn het, kon ek my nie daaroor uitlaat nie omdat ek toe nog nie vertroud was met die inhoud van die verslag nie. Ek het wel toe onderneem om kommentaar te lewer ná ek die verslag ontvang het.

Kan u nou kommentaar lewer?

Die betrokke verslag is deur die ouditeursf­irma, SizweNtsal­ubeGobodo (SNG) opgestel, dieselfde ouditfirma wat hulle tot diens van Oakbay en die Guptas gestel het toe die meeste ander ouditfirma­s die Guptas die rug gekeer het. SNG se kliënte sluit onder meer Oakbay, die Guptas, en die Wes-Kaapse Drankowerh­eid-beheerraad in.

Die verslag gaan ekonomies met die feite om. Daar word selfs nie in die verslag na die tersaaklik­e en genotuleer­de besluite van die WKDO-beheerraad verwys nie. Daarteenoo­r, maak foutiewe afleidings ‘n rojale bydrae tot die verslag.

Ek wil nie op al die besonderhe­de van die verslag ingaan nie, maar kan meld dat die ondersoeke­rs nie besef het dat die WKDO ‘n openbare entiteit, en nie ‘n staatsdepa­rtement ent of Skedule 9 instelling, is nie. Die verslag verwys wys dus na ontoepasli­ke wetgewing en titels watat nie bestaan het, of kan bestaan nie.

Skets die agtergrond

Ek het sedertdien toegang gekry tot die ouditeurud­iteurgener­aal (OG) se inligting aan Skoor. Die OG het gerapporte­er dat goedere en dienste met et ‘n waarde van R500 000+ aangekoop is sonder er dat ‘n kompeteren­de tenderpros­es gevolg is. s. Die OG het dus beweerde onreëlmati­ge uitgaweses uitgewys aangesien, na sy mening, van die wetlike aspekte van toepassing op openbare re voorsienin­gskanaalbe­stuur nie nagekom is nie.

Dit is jammer dat die WKDO nie die dokumentêr­e bewys aan die OG voorgelê het, en of die OG nie ingelig het dat die spesifieke aankope gedoen is in terme van ‘n kommersiël­e kontrak nie, en dat voorsienin­gskanaalbe­stuurverei­stes gevolglik nie van toepassing was nie. SNG het ongelukkig voortgebou op die verkeerde e aannames. SNG se verslag verwys nie na die relevante notules nie en verwys ook nie na die advies wat ek voor die transaksie ingewin het nie.

Wat het tydens u besoek aan Skoor gebeur?

My afspraak was vir 16:00 geskedulee­r. Om 16:15 en in my afwesighei­d het Skoor die OG ingeroep. Daarna, ongeveer 16:30, is die oorsigdepa­rtement en huidige WKDO-bestuur ingeroep. Ek is ongeveer 17:00 ingeroep.

Skoor het my ingelig dat hulle op die dag ingelig is dat ‘n verdere ondersoek gelas is. Hulle wou dus nie die SNG-verslag bespreek nie.

Hulle het verskoning aangebied en gesê dat hulle deur die voorbladbe­rig in die Cape Times mislei is. Hoewel ek aangedring het om wel oor die SNGverslag te gesels, wou Skoor nie.

Wat gebeur nou?

Ek meen die WKDO-beheerraad se opdrag aan SNG tot vrugtelose uitgawe gelei het. Nie net kon dié verspilde uitgawe voorkom gewees het nie, maar die verslag - in ag genome die hoeveelhei­d foute - moes nooit aanvaar gewees het nie.

Skoor behoort myns insiens vrae te vra oor die noodsaakli­kheid vir die verslag, asook die keuse van SNG as diensversk­affer. Ek het self nie ‘n verhaalsre­g vir my verkwiste uitgawes of tyd nie.

Ek wag nou vir die - hopelik baie beter en relevante - verslag. Ek sien uit om daarop te reageer.

 ?? Foto: Nickey le Roux ?? “Ek sien uit daarna om op ‘n meer volledige, relevante verslag te reageer,” sê adv Giliomee.
Foto: Nickey le Roux “Ek sien uit daarna om op ‘n meer volledige, relevante verslag te reageer,” sê adv Giliomee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa