Mossel Bay Advertiser

Vrou deur vlamme verswelg

- Nickey le Roux

'n Vrou is laat Vrydagaand in haar huis in PapMbebest­raat in Sewende Laan, KwaNonqaba, dood toe sy nie van die vlamme wat haar huis vernietig het, kon ontsnap nie. Mosselbaai se uitvoerend­e burgemeest­er, raadsheer Harry Levendal en die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee, het die toneel van die brand op Maandagogg­end besoek om hulp aan te bied aan Stuurman se twee volwasse kinders wat haar oorleef. Hilda Stuurman (46) se liggaam is deur brandbestr­yders binne die huis gevind nadat die brand wat die huis vernietig het, omstreeks 21:40 op 6 Oktober geblus het.

Volgens wat berig word, was daar geen elektrisit­eitstoevoe­r na die huis nie. Die huis het ook nie oor enige deur beskik nie, en die deuropenin­g was slegs met 'n matras beskut.

Stuurman was ten tye van die voorval alleen binne die huis. Die oorsaak van die brand word ondersoek deur ao Geoffery Moos (044 606 5600) van die KwaNonqaba-polisie. Enige persoon met inligting oor die voorval word versoek om die ondersoekb­eampte te kontak.

 ??  ?? Mosselbaai se uitvoerend­e burgemeest­er, raadsheer Harry Levendal en die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee, het die toneel van die brand waarin ‘n vrou, Hilda Stuurman oorlede is, op Maandagogg­end besoek.
Mosselbaai se uitvoerend­e burgemeest­er, raadsheer Harry Levendal en die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee, het die toneel van die brand waarin ‘n vrou, Hilda Stuurman oorlede is, op Maandagogg­end besoek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa