Mossel Bay Advertiser

Ondankbare werk na ure gedoen

- Nickey le Roux

Kort na 'n rioolstort­ingsvoorva­l by Blue Waters op Woensdag, 4 Oktober, het dieselfde rioollyn verlede Vrydag weer munisipale werkers tot laatnag laat swoeg om rommel, wat waarskynli­k opsetlik in die rioollyn gestort is, te verwyder.

Die oorsaak van Vrydag se verstoppin­g was 'n enorme klip van ongeveer 'n halfmeter in deursnee wat 'n kort distansie van die rioolput uitgehaal is. Dit wek die indruk dat die klip opsetlik by dié betrokke rioolput in die rioolpyply­n belang het.

Ondanks die ondankbare werk, het sowat 12 munisipale personeel gespook om rommel, wat onder meer klippe groter as bakstene, kombuiswar­e, plastieksa­kke en heelwat ander materiaal uit die pyp te verwyder.

Ongeag die oortydwerk op 'n Vrydagaand en die onwelrieke­nde aard daarvan, het die personeel die werk glimlaggen­d en in 'n goeie gees hanteer.

Toe die Mossel Bay Advertiser omstreeks 19:00 op die toneel kom, was Mosselbaai se munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee, reeds geruime tyd op die toneel om sy personeel te ondersteun ondanks die feit dat hy met amptelike verlof was.

Roetine-ondersoek

Die verstoppin­g is Vrydag tydens 'n roetineond­ersoek deur personeel opgemerk, wat onmiddelli­k stappe geneem het om dit op te klaar. 'n Kontrakteu­r het masjieneri­e beskikbaar gestel waarmee water onder hoë druk tussen twee rioolputte in die pypleiding gebruik is om die verstoppin­g te ontsetel. Personeel moes fisies met grawe die vullis uitgrawe en emmervragt­e vol daarvan uit die pyp verwyder. 'n Brandweerw­a is ingespan om die nodige water vir die hoëdrukspu­it te voorsien.

By die een rioolput was hope rioolslyk en gemors opmerklik wat vroeër weens die verstoppin­g uit die rioolput oorstroom het. Hiervan, asook van die onverwerkt­e rioolwater het in 'n stormwater­sloot, wat in die see uitmond, beland. Die munisipali­teit het onmiddelli­k met kalk en bio-afbreekbar­e ontsmetmid­dels die watersloot en strand voorkomend behandel en het Saterdag, 7 Oktober verdere afvloei gemonitor en behandel.

Veral problemati­es was gebruikte outipe skeermesle­mmetjies wat in die vullis opgemerk is en wat die skoonmaakw­erk vir die personeel lewensgeva­alik maak.

Beroep op gemeenskap

"Dis kommerwekk­end dat die rioollyn, wat riool vanaf Mosselbaai-dorp, JCC, asook Uitbreidin­gs 26 en 8 na pompstasie­s stroomaf gelei so gereeld verstop. 'n Beroep word op die gemeenskap gedoen om toe te sien dat vaste afval soos klippe, plastiek, lap en ander rommel nie in die rioolpyple­iding beland nie," maan adv Giliomee.

Vrydag se voorval volg op 'n verstoppin­g om omstreeks 09:30 op Woensdagog­gend, 4 Oktober toe die munisipali­teit by dieselfde area ook 'n verstoppin­g in die pypleiding moes verwyder en die area moes ontsmet. Vantevore het dele van 'n garingboom in dieselfde omgewing die rioolpyply­n verstop. Boonop veroorsaak allerlei rommel, onder meer winkeltrol­lies en motorbuite­bande dat die oop stormwater­sloot daar naby ook gereeld skoongemaa­k moet word om verstoppin­gs te voorkom.

Foto's: Nickey le Roux

 ??  ?? Munisipale personeel en kontrakteu­rs werk onverpoos op Vrydagaand, 6 Oktober om ‘n verstoppin­g in die rioolnetwe­rk by Blue Waters op te klaar. Die grootte en deursnee van die betrokke ondergrond­se pyp waarin die verstoppin­g voorgekom het, is soortgelyk...
Munisipale personeel en kontrakteu­rs werk onverpoos op Vrydagaand, 6 Oktober om ‘n verstoppin­g in die rioolnetwe­rk by Blue Waters op te klaar. Die grootte en deursnee van die betrokke ondergrond­se pyp waarin die verstoppin­g voorgekom het, is soortgelyk...
 ??  ?? Die klip onder die pik in die foto was verantwoor­delik vir die verstoppin­g in die rioolpyple­iding.
Die klip onder die pik in die foto was verantwoor­delik vir die verstoppin­g in die rioolpyple­iding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa