Mossel Bay Advertiser

Vakansiepr­ogram om meisies te bemagtig

-

'n Girls Only-program is gedurende die pas afgelope skoolvakan­sie vir jong meisies, vanaf graad 6-8 by die AGS Kerk in D'Almeida aangebied.

Kinders van verskillen­de skole insluitend Diaz Primêr en Garden Route Primêr is betrek. Die doel van hierdie program was om jong meisies te bemagtig. Elke dag is ‘n ander tema behandel wat deur verskillen­de fasiliteer­ders aangbied is.

Op die eerste dag, is die tema I am more than... bespreek, wat insluit selfbeeld, groepsdruk en innerlike skoonheid. Fotograaf Donovan Poole het as deel van hierdie tema, ‘n fotosessie met die meisies gehad.

Die gevolge van alkoholen dwelmmisbr­uik is die volgende dag behandel onder die tema My body the temple of Christ. Voor huwelikse seks en die Bybel is bespreek, waarna 'n selfverdig­ingsessie aangebied is.

Op dag drie, is die tema If I believe, I can achieve, aangebied waartydens die meisies aangemoedi­g is om hulle drome na te jaag ongeag hulle omstandigh­ede.

Die meisies het die program geniet en baie baat daarby gevind.

Vir bedankings sien die brieweblad.

 ??  ?? Hierdie groep meisies het ‘n besonderse tydjie gedurende die skoolvakan­ie beleef toe hulle ‘n bemagtigin­gsprogram bygewoon het.
Hierdie groep meisies het ‘n besonderse tydjie gedurende die skoolvakan­ie beleef toe hulle ‘n bemagtigin­gsprogram bygewoon het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa