Mossel Bay Advertiser

Night of a 1000 arts

-

Kunsliefhe­bbers kan uitsien na 'n besonderse fondsinsam­elingsgele­entheid by Curro Mosselbaai se Night of a 1000 arts vanaand, 13 Oktober. Die skool bied die geleenthei­d vanjaar vir die derde keer aan.

Die geleenthei­d, gehou in die skoolsaal, Seemeeustr­aat, Heiderand vanaf 18:0020:00 word gekenmerk deur die uitstal van skilderye en ander kunswerke deur gevestigde kunstenaar­s en ook van die Curro-leerders se werk, insluitend Curro Castle, die grondslag- en intermediê­re asook die hoërskooll­eerders.

Van die skool se opvoeders en ook ouers, het werke op uitstallin­g. Alle kuns, kan teen billike pryse aangekoop word.

Die aand het 'n Italiaanse tema en lasagne word verkoop, terwyl rustige jazz-musiek gespeel word.

Later die aand is daar 'n veiling van kunswerke. Lootjies word ook deur die loop van die aand verkoop vir die wen van 'n skildery.

Kinders word ook na die geleenthei­d uitgenooi om te kom saam inkleur. Hierdie kuns word verwerk in 'n spesiale pragstuk, getiteld Kids Art 2017.

Navrae kan gerig word aan die skool (044 693 3488 of 082 224 3865).

 ??  ?? Een van die skilderye wat op uitstallin­g sal wees.
Een van die skilderye wat op uitstallin­g sal wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa