Mossel Bay Advertiser

Herbertsda­le hou Oktoberfee­s

-

Dit is weer tyd vir die jaarlikse Herbertsda­le Oktoberfee­s wat op Saterdag, 21 Oktober op die plaas van Elof Muller, ongeveer 10km voor Herbertsda­le plaasvind.

Van vroegoggen­d gaan die speke reeds sing met Johnnie Koen se fietsritte. Vanaf 09:00 sal eetgoed en heerlike kerrie- en vetkoek saam met 'n koppie boeretroos beskikbaar wees. Goeie wors, maalvleis en skaapvleis sal te koop wees en die lekkerste koeke, terte en beskuit sal die tafels laat kreun.

Vars groente wat direk vanaf die plase geoes word is beskikbaar en vir die jeug is daar 'n fantasties­e kindertafe­l. Enigeen is welkom om die fees van die jaar by te woon. Vir meer inligting, kontak Lappies (078 614 5572).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa