Mossel Bay Advertiser

Seniors by Sportfees

- Tersia Marais

Senior burgers vanuit die groter Mosselbaai het weer hierdie jaar deelgeneem aan die jaarlikse Sport- en Rekreasief­ees.

Tientalle opgewonde spanne, wat verskeie tehuise vir bejaardes verteenwoo­rdig, het in die Mosselbaai-stadsaal byeengekom om deel te neem aan verskeie binnenshui­se sport items.

Die spanne het in goeie gees kompeteer en met die reuk van heerlike pannekoek en die klank van boeremusie­k, was die atmosfeer hartlik en gesellig. Daar is selfs so bietjie gedans wat 'n ware feestelikh­eid aan die byeenkoms verleen het.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa