Mossel Bay Advertiser

Voedingspr­ojek vind baat

-

Mariki du Preez, skryf: Mosterdsaa­djie-voedingspr­ojek het op 30 September 'n fondsinsam­eling by die Woord in Waarheid-bedieninge in Voorbaai gehou en dit was 'n reusesukse­s.

Ons wil baie dankie sê aan elkeen van ons borge, almal wat 'n kaartjie geborg het en elkeen wat opgedaag het.

Lizette Janse van Rensburg het ons so geseën met haar optrede en daar was nie 'n droë oog in die plek nie. Dankie ook aan elkeen wat nie-bederfbare voedsel gebring het. Ons het oor die 170 blikkiesko­s, asook heelwat ander nie-bederfbare voedsel ontvang vir die meer as 60 families wat maandeliks kospakkies kry.

Indien u 'n bydrae wil maak tot die voedingspr­ojek, kontak Marietjie (083 686 6956).

 ??  ?? Lizette Janse van Rensburg het tydens die pas afgelope fondswerwi­ngsgeleent­heid van die Mosterdsaa­djie-voedingspr­ojek opgetree.
Lizette Janse van Rensburg het tydens die pas afgelope fondswerwi­ngsgeleent­heid van die Mosterdsaa­djie-voedingspr­ojek opgetree.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa