Mossel Bay Advertiser

Dankfees by kerk ‘n groot sukses

-

Dankfeesor­ganiseerde­r, skryf:

Die Afrikaanse Protestant­se Kerk, GrootBrakr­ivier, geleë in Rheebok, kan die Here nie genoeg dank vir die groot sukses van die dankfees wat op 30 September in die Rheebokgem­eenskapsaa­l gehou is nie. Ons bedank al ons donateurs en ondersteun­ers asook die Mossel Bay Advertiser wat op profession­ele wyse ons dankfees aan die gemeenskap bekendgest­el het. Ook die omliggende kerke het hul deel hier gedoen. Hartlike dank aan al ons lidmate wat saam met vriende en familie agter die tafels gestaan het om te help met die verkope. Ook daardie lidmate wat agter die skerms voor die stoof geswoeg en langs die braaivure gesweet het. Ons waardeer jul moeite en insette. En laaste, maar nie die minste nie, 'n baie groot dankie aan almal in ons gemeenskap insluitend ons wyksraadsl­id, wat gehelp het om van die Lentebasaa­r 'n ware dankfees te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa