Mossel Bay Advertiser

Khat by George-man gevind

- Nickey le Roux

Die KwaNonqaba-polisie het die afgelope naweek tydens 'n roetine ondersoek van voertuie in Adriaanswe­g, Aslapark, 'n groot hoeveelhei­d van die dwelm khat by 'n man wat van George afkomstig is, gevind.

Reservisko­nstabel Wildschutt het om 02:05 op 7 Oktober by 'n voertuigko­ntrolepunt die motor voorgekeer en deursoek toe sy 11 verpakking­s van khat by die 33-jarige man van Sandkraalw­eg in George gevind het.

Die verdagte is in hegtenis geneem vir die besit van khat en sal vandeeswee­k in die Mosselbaai-landdrosho­f verskyn.

 ??  ?? Reservisko­nstabel Wildschutt se oplettendh­eid het die afgelope naweek tot die arrestasie van ‘n 33-jarige man, wat khat in sy besit gehad het, gelei.
Reservisko­nstabel Wildschutt se oplettendh­eid het die afgelope naweek tot die arrestasie van ‘n 33-jarige man, wat khat in sy besit gehad het, gelei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa