Mossel Bay Advertiser

Borgdag op Boggoms

- Marius Loubser

Ek hoor die eerste Kersgesken­ke en -versiering­s is al op baie van die winkelrakk­e. Dit is dan ook sommer 'n teken dat die geborgde gholfdae by die Boggomsbaa­igholfklub gaan toeneem. Vir enigeen wat op 'n Saterdag voel die dorpslewe raak te veel, kom geniet 'n rustige dag se gholf op Boggomsbaa­i. Hou net die koerant dop vir meer inligting.

Verlede Saterdag was die Boggomsbaa­iers bevoorreg om Precast Reinforcin­g van George as 'n borg te hê. Gerrie Gouws, 'n voormalige eienaar van Precast Reinforcin­g, het sommer groot pryse Boggomsbaa­i toe gebring. Hy het ekstra pryse gewerf by BUCO, die nuwe naam van Penny Pinchers in George, by Super Ace Developmen­t en JDM Projects in Mosselbaai en ook by ReedValley. Die spelformaa­t was 'n beterbalko­mpetisie met 'n gesamentli­ke stableford­telling op al die syfer drie putjies. Dit is dan ook die rede vir die uitsonderl­ike hoë tellings wat aangeteken is. Die Pienaarges­in, pa en drie seuns, het redelik ingeklim onder die pryse. 'n Mens kan duidelik sien daar is ook nog 'n kompetisie onder mekaar. Die uitslae van die kompetisie is soos volg:

1. Hennie Pienaar en Henk Pienaar 56;

2. Willem du Plessis en Chris Feiertag 51;

3. Ernest Roux en Abel Pienaar 50; 4. André Beukes en Marius Loubser 50; 5. John van Rensburg en Hannes Mills 48; 6. Pienie Pienaar en Willem du Plessis 48; 7. Willie van Wyk en Willem van Wyk 47.

Die IPS-kompetisie is gewen deur Henk Pienaar op 39 en hy het ook die naaste aan die pen gewen op 5/16. Sy pa, Hennie, het die prys op 9/18 gewen en John van Rensburg het die langste dryfhou op nommer vier geslaan.

Saterdag

Eerskomend­e Saterdag, 14 Oktober, borg die Mosselbaai Mall op Boggomsbaa­i. Vir bespreking­s kontak André Beukes (082 460 0503).

 ??  ?? Wenners van die Precast Reinforcin­g-borgdag: Abel Pienaar, Henk Pienaar, Gerrie Gouws (borg), Hennie Pienaar, Ernest Roux, Willem du Plessis en Chris Feiertag.
Wenners van die Precast Reinforcin­g-borgdag: Abel Pienaar, Henk Pienaar, Gerrie Gouws (borg), Hennie Pienaar, Ernest Roux, Willem du Plessis en Chris Feiertag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa