Mossel Bay Advertiser

Boer se vermeende moordenaar in hof

- Louise Karsten

Die persone wat by die ondersoek ter plaatse op die plaas Outeniquab­osch betrokke was is voor van links: die ondersoekb­eampte in die saak, ao Richard van Eyk, data-analis, ao Anna van Niekerk, staatsaank­laer Christhénu­s van der Vijver, regter Robert Henney, adv Harold Davids en heel voor, die Tolmans se huishulp, Fransiena Snyman. Die beskuldigd­e loop agter regter Henney.

‘n Ondersoek ter plaatse is Woensdag, 11 Oktober op die plaas Outeniquab­osch gehou waar die eienaar van die plaas, Freddie Tolman (54) in die vroeë oggendure van 17 Desember 2014 deur ses mans voorgelê en doodgeskie­t is. Die enigste van die ses mans wat sedertdien in verband met die moord op Tolman in hegtenis geneem is, Lamlani Booi (34) het Woensdag regter Robert Henney, die nasionale vervolging­sgesag en sy verdedigin­gspan na die plaas Outeniquab­osch naby Hartenbos, vergesel.

Die verhoor in die rondgaande hooggeregs­hof op Mosselbaai het op Maandag, 9 Oktober begin. Die staat het Tolman se vrou, Mariana as hul eerste getuie geroep. Mariana het aan die hof gesê dat sy op die oggend van haar man se dood met godsdiens besig was toe sy om ongeveer 06:15 geweerskot­e gehoor het. Kort daarna het ‘n huiswerker van die Tolmans, Fransiena Snyman (48) by die plaashuis ingestorm en vir Mariana gesê: “Mevrou, daar is mans wat meneer (Tolman) jaag met guns.”

Tolman is langs die R328-pad (Hartenbos-Oudtshoorn­pad) wat duskant die plaas is, dood in sy bakkie aangetref. Hy het twee skietwonde gehad. Nie sy beursie of selfoon is gesteel nie. Snyman, die staat se tweede getuie het aan regter Henney gesê, op die oggend van die moord het ‘n taxi haar langs die R328-pad afgelaai. Snyman het met die grondpad in die rigting van die plaashuis gestap toe Tolman in sy wit bakkie aangery kom. “Ek het hom gegroet maar hy het nie teruggegro­et nie. Hy het vinnig verby my gery in die rigting van die teerpad.” Volgens Snyman het daar sekondes later minstens ses mans verby haar gehardloop, in die rigting van Tolman se bakkie.

“Een van hulle het ‘n gun in sy hand gehad.” Die verdagtes het van die misdaadton­eel na die R328-pad gevlug, waar hulle ‘n voertuig met twee insittende­s gestop het. Die bestuurder van die voertuig het in die verhoor getuig dat die verdagtes hom en sy passasier uit die voertuig gedwing en die voertuig gekaap het. Tydens die ondersoek ter plaatse het Snyman aan regter Henney sekere uitwysings op die grondpad gemaak.

Selfoonrek­ords beduidendd­end

‘n Polisiebea­mpte van Worcester, ster, opgelei in die forensiese analise e van selfoonrek­ords, ao Anna van Niekerk ekerk het kort voor die ondersoek ter plaatse getuig dat ‘n MTN-selfoontor­ing naby die Tolmans se plaashuis, ‘n selfoonfoo­n wat na bewering aan Booi behoort,oort, in die selfoontor­ing se geografies­e ese opvangsgeb­ied geregistre­er het. t.

Volgens data vanaf die basisstasi­e tasie is oproepe na én van Booi se foon, vanaf 04:47 tot 06:31 in die e omgewing van waar die moorden kaping plaasgevin­d het, t, gemaak. Volgens inligting ligting verkry van ander er basisstasi­es inn die rigting van an KwaNonqaba,b was die foon gedurende ‘n tydperk van nege minute nadat die voertuig gekaap is, in die geografies­e gebiede gebruik. Die gekaapte voertuig is later deur polisie in KwaNonqaba opgespoor waar dit verlate langs die pad gestaan het. Van Niekerk het getuig dat die foon vanaf 07:04 op die betrokke oggend geen verdere aktiwiteit getoon het nie waarna die simkaart wat vroeër deur die basisstasi­es geregistre­er is, in die omgewing van KwaNonqaba in ‘n nuwe foon geplaas is. “Hy het dus van handstukke (selfone) verwissel.” Van Niekerk het aan regter Henney gesê dat die selfoon duidelik deur middel van die selfoonsta­sies se rekords naby die skiettonee­l geplaas word. “Die rekords wys ‘n logiese patroon.” Op ‘n vraag van staatsaank­laer Christhénu­s van der Vijver of die moord en die kaping by die selfoonrek­ords inpas, het Van Niekerk “ja” geantwoord.

Die saak duur vanaf 23 Oktober tot 27 Oktober voort.

Foto’s: Cornelle Carstens

 ?? Foto: Cornelle Carstens ??
Foto: Cornelle Carstens
 ??  ?? Regter Robert Henney
Regter Robert Henney
 ??  ?? Staataankl­aer, adv Christénus van der Vijver.
Staataankl­aer, adv Christénus van der Vijver.
 ??  ?? Die advokaat vir die verdedigin­g, Harold Davids.
Die advokaat vir die verdedigin­g, Harold Davids.
 ??  ?? Die verdagte, Lamlani Booi.
Die verdagte, Lamlani Booi.
 ??  ?? Mariana en Freddie Tolman
Mariana en Freddie Tolman

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa