Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai is Suid-Kaap se ligakampio­ene

- Gholfer

Ons gedugte voorgee-ligaspan het Saterdag in die Suid-Kaap-ligafinaal op Kingswood teen ‘n ervare Fancourt-span te staan gekom. Die oggend se beurtspell­e het spannend verloop, maar die Mosselbaai­ers het ‘n kortkop voor gekom met 2.5 wedstryde teenoor die 1.5 van Fancourt. Die agt enkelspell­e het die sleutel gehou oor wie 2017 se Suid-Kaap-kampioene sou wees. Die enkelspel het wipplank gery en die uitslag was tot die laaste wedstryd nog in die weegskaal.

Die eindtellin­g van 6.5 wedstryde teenoor 5.5 wedstryde het die Mosselbaai­ers met trots die trofee laat lig. Hierdie span van Donny Smith het die jaar onoorwonne afgesluit en Mosselbaai-gholfklub kan opreg trots wees op hierdie kampioensp­an.

Woensdag

Bounty Wildsverwe­rking se maandeliks­e borgdag op Woensdag, 4 Oktober het in koue, winderige toestande die 132 spelers behoorlik karnuffel. Hendrik Kriek wat na ‘n strawwe rugbyseiso­en sy terugkeer tot die gholfbaan gemaak het, het dadelik sy vernuf ten toon gestel en die A-afdeling van die individuel­e stableford-kompetisie op 36 punte gewen. Annette Pretorius het die manne gewys hoe om moeilike weersomsta­ndighede te troef en op 37 punte was sy die wenner van die B-afdeling. Oud-Mosselbaai­er, Janlu Kuyler, wat deur al die jare ‘n lojale en goeie vriend van die klub is, het op 38 punte die C-afdeling verwerf.

Ten spyte van die weersomsta­ndighede is die volgende spelers ook met heerlike braaipakke beloon: J Lourens (37 punte), B Badenhorst en G Pieterse (36 punte), asook G Greyvenste­in, S van Vuuren, JJ Joubert en J Geldenhuys, almal op 35 punte.

Saterdag

Saterdag, 7 Oktober het die spelers reeds van 07:00 af die stokke begin swaai om betyds klaar te kry vir die wedstryd tussen die Springbokk­e en die All Blacks. Die vierbal alliansie-kompetisie vereis goeie spanwerk en ouderdom speel blykbaar geen rol nie, want die wenspan se gemiddelde ouderdom was 76 jaar. Neels Mostert, George Sadowski, Louwtjie Louw en Attie van Niekerk teken 112 punte aan en wen loshande die kompetisie. Koos en Arrie van der Linde, asook Anton Steenkamp en Morné Hugo het na die uittel op 103 punte die tweede plek verower.

 ??  ??
 ??  ?? Mosselbaai-gholfklub se trotse Suid-Kaap se ligakampio­ene.
Mosselbaai-gholfklub se trotse Suid-Kaap se ligakampio­ene.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa