Mossel Bay Advertiser

Vernuwing by Pavilion

- Nickey le Roux Foto's: Nickey le Roux

Die gewilde Santos Pavilion, eens 'n juweel in Mosselbaai se kroon, sal binnekort sy afgeleefde voorkoms afskud wanneer opknapwerk, wat tans binne en buite gedoen word, waarskynli­k voor die einde van November voltooi word.

Die pragtige ou klipgebou is op 24 April 1979 deur 'n brand in puin gelê, en hoewel dit pas voor daardie tyd as nasionale gedenkwaar­digheid verklaar is, was daar by tye sterk aandrang ook van die munisipali­teit van daardie jare om die bouval liefs te sloop.

Die Santos Pavilion is egter een van slegs twee van sy soort, en die enigste in die suidelike halfrond, wat só idillies op die strand gebou is. Met huidige omgewingsw­etgewing is hierdie gebou juis vanweë sy ligging onvervangb­aar.

Dit is destyds in 1915 ontwerp deur H Davidge-Pitts en deur 'n Mosselbaai­er, WJ Swart uit plaaslike klip gebou. Ná die brand is die planne vir die restourasi­e van die gebou geskoei op die oorspronkl­ike planne wat by die Dias Museum bewaar is, maar was dit steeds aan goedkeurin­g deur die befaamde argitekte Gawie Fagan en Revel Fox, onderhewig.

Die Santos Pavilion is een van twee van sy soort, en die enigste in die suidelike halfrond, wat só idillies op die strand gebou is.

Oud word vernuwe

Tog het sekere elemente, soos die horlosie in die kloktoring nie in die nuwe gedaante herleef nie, en is slegs die buitekant na die oorspronkl­ike herstel, terwyl die binnekant vir praktiese gebruik verander is. Ses woonstelle is ook ingerig en in 1987 is 'n besondere ruim huurkontra­k aangegaan met die ontwikkela­ars wat vir die destydse restourasi­e verantwoor­delik was.

Deel van dié huurkontra­k bepaal dat die huurders die gebou sal onderhou. Om die huurders en veral die restaurant tegemoet te kom, het die munisipali­teit opknapping­s aan die parkeerare­a by die Pavilion gedoen en is onder meer beligting aangebring ter wille van veilige parkering. Verdere verbeterin­ge aan die parkeerrui­mte mag volg sodra fondse daarvoor bewillig kan word.

Binne die area wat as restaurant bedryf is, lyk dinge egter heelwat anders. Onder Ansie Steyn van Ansie Steyn Interiors (ASI) se bedrewe hand is die dubbele lae skynplafon verwyder en is die pragtige hout van die koepeldak ontbloot. Met versteekte beligting wat strategies geplaas is, word die warm karakter van die hout belig.

Die bouer wat by die opknapping­swerk betrokke is, Quintus Deacon, sê toentertyd se vakmanskap is duidelik sigbaar in die unieke voë van die dakkappe. "Vandag werk vakmanne nie meer só noukeurig nie, dis baie spesiaal."

Ander tydelike mure is verwyder en pragtige, groot vensters is ontbloot wat toelaat dat die see vanuit bykans elke hoekie van die vertrek sigbaar is.

Die houtvenste­rrame, steeds in 'n goeie toestand, word tot hul oorspronkl­ike grein gerestoure­er.

"Binne maak ek van wit aksente gebruik, terwyl die aksente buite daarenteen alles swart is," sê Ansie opgewonde toe sy die munisipale afvaardigi­ng onlangs deur die opknapping­sprojek begelei.

Munisipali­teit ondersteun

Anders as in Julie 1980, toe die destydse stadstesou­rier in 'n raadsverga­dering volgens berigte sou gesê het: "... if thePavilio­n is restored, it will make no contributi­on to revenue and have limited appeal to the public," stel die huidige munisipale bestuur beslis belang in die opknapping­swerk.

"Ons is opgewonde oor wat hier in die vooruitsig gestel word. Dit sal weer toeriste en plaaslike inwoners na Santosstra­nd lok, beslis die plaaslike ekonomie stimuleer," meen die uitvoerend­e onderburge­meester, raadslid Dirk Kotzé.

Die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee, het sy tevredenhe­id met die vordering van die opknapping­s uitgespree­k en gesê die ou gebou herleef tot so na as moontlik aan sy oorspronkl­ike glorie. Hy was veral tevrede met die wyse waarop die ou vensters ontbloot en as aksente gebruik word in die nuwe gedaante wat die ou gebou nou aanneem.

Na afloop van die opknapping sal die area steeds as 'n byderwetse restaurant, gepas voorts die Jackall on the Beach genoem, bedryf word.

"Die betrokkenh­eid vorentoe van Jantjie Jonker van Jakkalsvle­i by die restaurant word gepas vergestalt in die nuwe naam," meen Marius Schoeman, die huidige restaurant­eienaar.

 ??  ??
 ??  ?? In die ou restaurant het twee vals plafonne die pragtige houtwerk van die koepel weggesteek. Strategies-geplaasde beligting maak dié warm houtkleure voortaan ‘n fokuspunt.
In die ou restaurant het twee vals plafonne die pragtige houtwerk van die koepel weggesteek. Strategies-geplaasde beligting maak dié warm houtkleure voortaan ‘n fokuspunt.
 ??  ?? Die Mosselbaai-munisipali­teit ondersteun die opgraderin­gsprojek. Hier is die uitvoerend­e bestuurder van strategies­e dienste, mnr Colin Puren; uitvoerend­e onderburge­meester, raadslid Dirk Kotzé; munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee en die voorsitter...
Die Mosselbaai-munisipali­teit ondersteun die opgraderin­gsprojek. Hier is die uitvoerend­e bestuurder van strategies­e dienste, mnr Colin Puren; uitvoerend­e onderburge­meester, raadslid Dirk Kotzé; munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee en die voorsitter...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa