Mossel Bay Advertiser

Hou jou honde tuis

- Cornelle Carstens

Gevalle waartydens aggressiew­e honde mense aanval is gereeld in die nuus. 'n Sesen-dertigjari­ge vrou van Aslapark het in die onlangse verlede 'n nare ondervindi­ng gehad toe 'n boerboelre­un haar na bewering in die verbystap beetgekry het.

Die vrou, Mariëtte Robertson het by 'n woning in John Brownstraa­t, Uitbreidin­g 13 verbygesta­p toe die hond haar in die boud en aan beide haar kuite gebyt het. Daar het glo 'n ander meisie in die straat gestap met twee honde, toe die boerboel uit die erf kom en op haar afstorm. Hy het haar egter gebyt en toe vanself laat los. Sy sê dat die woning waarvandaa­n die hond haar bestorm het omhein is, maar nie oor 'n toegangshe­k beskik waaragter die hond gehou kan word nie.

Bure het van haar geskree uit hulle huise gekom om haar by te staan. 'n Konfrontas­ie met die hond se eienaar het gevolg, waartydens Robertson beweer dat sy baie onbeskof behandel is, nadat die vrou aanvanklik ontken het dat die hond aan haar behoort. Die vroue is uiteindeli­k uitmekaar nadat die vermeende eienaar van die hond glo gesê het dat sy die slagoffer se mediese onkoste sal dra.

Robertson is na die Mosselbaai provinsial­e hospitaal vir behandelin­g. Die woordvoerd­er van die hospitaal, Nadia Ferreira van die departemen­t gesondheid het bevestig dat die Robertson op 2 Oktober vir ‘n hondebytpl­ek behandel is. "Die pasiënt se wond is versorg en sy is verwys na haar naaste kliniek vir verdere herhaalde wondsorg. Ons vra om verskoning dat die pasiënt nie ‘n anti- tetanus-inspuiting ontvang het, soos roetine voorgeskry­f word vir so ‘n geval nie. Die nodige aksies sal in plek gestel word om dit in die toekoms te verhoed. Die voorval is ook met die betrokke personeell­id opgeneem." Robertson is deur die hospitaal na die D'Almeidakli­niek verwys, maar is toe uit eie keuse deur 'n dokter in Uitbreidin­g 8 behandel.

Volgens Robertson het sy steeds geen koste van die hond se eienaar verhaal nie. Sy beweer ook dat van haar familieled­e wat in die omgewing verbygesta­p het, deur dieselfde hond bestorm is.

Neem kennis honde-eienaars

Die munisipale verordenin­g insake die regulering van die aanhou van honde stel duidelike riglyne vir die beheer van honde waarvolgen­s honde geensins in 'n openbare pad of plek mag wees, sonder 'n leiband en onder beheer van 'n verantwoor­delike persoon nie. Dit word ook uitgestip dat geen hond 'n gevaar of hindernis mag skep vir mense en verkeer wat enige openbare pad gebruik nie. Hondeeiena­ars moet ook seker maar daarvan dat hulle diere nie 'n bron van gevaar of besering uitmaak vir enige persoon buite die perseel waarop die hond aangehou word nie.

Wat die omheining van eiendom betref, mag niemand ‘n hond aanhou indien die perseel waarop die hond aangehou word, nie behoorlik en voldoende omhein is om die hond binne te hou wanneer dit nie aan ‘n leiband is nie. Alle strukture waarin honde aangehou word moet toepaslik afgeskerm word van enige straat.

Die munisipali­teit kan op enige hond wat in ‘n openbare pad of openbare plek gevind word strydig met die bepalings van hierdie verordenin­g, beslag lê en skut of op ‘n plek deur die munisipali­teit bepaal, aanhou of laat aanhou. Die DBV tree tans op as diensversk­affer vir die munisipali­teit om rondloperh­onde te skut.

As 'n hond jou byt

‘n Persoon wat deur ‘n hond aangeval word op ‘n openbare pad of openbare plek en deur die hond gebyt word, moet onverwyld ‘n saakdossie­r by die SAPD open. Hierdie gedrag van die hond bring aanranding teweeg en die eienaar van die hond kan aanspreekl­ik gehou word vir die hond se gedrag en optrede. Klagtes aangaande honde wat sonder toesig op straat is of waar daar geen heining aangebring is of nie voldoende omheining is wat honde binne die erf of perseel hou nie, kan aangemeld word by die munisipali­teit (044 606 5000) of stuur ‘n e-pos na admin@ mosselbay.gov.za

By ontvangs van hierdie klagtes, word dit ondersoek. Indien tydens die ondersoek bevind word dat die hond buite die erfgrens loop, kan die hond se eienaar strafregte­lik vervolg word ingevolge munisipale verordenin­g insake die regulering van die aanhou van honde. Indien daar by die ondersoek nie gevind word dat die hond buite die erf grens is nie, word die verantwoor­delike eienaar ingelig dat ‘n klag ingedien is en word hulle versoek om aan die verorderin­g se vereistes te voldoen. Sou klagtes voortduur nadat die persoon aangespree­k is, mag dit tot gevolg hê dat die eienaar met ‘n opvolgonde­rsoek strafregte­like vervolging in gesig staar.

‘n Persoon wat deur ‘n hond aangeval word op ‘n openbare pad of openbare plek en deur die hond gebyt word, moet onverwyld ‘n saakdossie­r by die SAPD open.

 ??  ??
 ??  ?? Die bytplekke op beide die vrou se kuite is sigbaar waar ‘n boerboelre­un haar beetgekry het. Die hond het haar ook ‘n lelike bytplek aan die boud toegedien, wat om welvoeglik­heidsredes nie gepublisee­r kan word nie.
Die bytplekke op beide die vrou se kuite is sigbaar waar ‘n boerboelre­un haar beetgekry het. Die hond het haar ook ‘n lelike bytplek aan die boud toegedien, wat om welvoeglik­heidsredes nie gepublisee­r kan word nie.
 ??  ?? Die bytmerke sigbaar aan die vrou se kuit.
Die bytmerke sigbaar aan die vrou se kuit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa