Mossel Bay Advertiser

Bejaarde voetganger se dood skok dorp

- Cornelle Carstens

Die ongeluk wat Maandagmid­dag, 6 November kort na 14:00 'n 88-jarige man se lewe geëis het toe hy deur 'n vragmotor getref is by die kruising van Louis Fourieweg en Kaap de Goede Hooplaan, het Mosselbaai­ers diep getref. Sedert sy afsterwe, dui die geskokte gemeenskap se reaksie daarop dat oom Jan Heinrich Swart, of oom John soos hy bekend was, baie geliefd was.

Volgens inligting, was oom John oor die kruising op pad vanaf die Aura Aesta- woonkomple­ks in die rigting van Hartenbos toe 'n watertrok van Transand hom getref het. Hy is op die toneel dood verklaar. Verskeie ooggetuies het die ongeluk sien gebeur.

Die verkeersli­g by die kruising was groen vir die aankomende verkeer, toe oom John skynbaar net voor die aankomende vragmotor inbeweeg het.

Adrie Kruger, menslike hulpbronbe­stuurder van Transand het by navraag aan die Mossel Bay Advertiser gesê dat hulle innig jammer is oor oom John, se afsterwe.

“Die voetganger het teen die vragmotor vasgeloop, terwyl die vragmotor besig was om die kruising oor te steek. Die vragmotorb­estuurder het geswenk om die voetganger te probeer vermy, maar die hy het teen die moddersker­m van die vragmotor vasgeloop. Dit het die voetganger teruggesli­nger. Vragmotorb­estuurder kry berading vir skok na die ongeluk.”

'n Saak van strafbare manslag word deur die ao A Stokes van die Da Gamaskoppo­lisie ondersoek.

Baie aktief

Oom John se dood het groot emosie onder parkrunner­s uitgelok, aangesien hy op 88 die oudste parkrunner was. Werner MorkelBrin­k, 'n koördineer­der van die Hartenbos-

parkrun het gesê dat oom John van die begin van die parkrun af, baie betrokke was. "Ons kom 'n lang pad saam. Hy het saam met ons die roete help beplan omdat ons dit toeganklik en gemaklik vir almal wou maak."

Nog 'n vrywillige­r by die parkrun, Ita van Rensburg sê sy het altyd 'n ogie oor hom gehou dat hy dit nie oordoen nie. "Hy het altyd as ek hom vermaan het gesê 'maar ek is 'n haastige mens meisiekind'."

Parkrunner­s het op die Hartenbosp­arkrun se facebookbl­ad omtrent hulle harte uitgestort oor oom John se dood. Sommige het na hom as

'n "pa" en "oupa" verwys, ander het hom weer 'n legende, 'n ikoon en inspirasie vir ander drawwers genoem.

Altyd behulpsaam

Oom John was die afgelope ses jaar en een maand' n inwoner van die Hartenbosv­ersorgings­oord .Die bestuurder, Johan Jacobs sê dat hulle sedert Maandagmid­dag na die ongeluk oorval is met oproepe aangaande oom John se afsterwe. "'n Mens kan net nie glo hoe bekend hy was nie," het Jacobs vandeeswee­k aan die Advertiser gesê. Jacobs het genoem dat oom John besonder behulpsaam was en dat hy steeds betrokke was by jukskei en nog Bybellesse ook gegee het by Laerskool Hartenbos.

‘Verskrikli­k lief vir stap’

Koot Swart (84), oom John se jonger broer wat in Aura Aesta woon sê hy het so baie mense geken omdat hy so baie van stap gehou het. "Oral waar hy gestap het, het hy die een en daai een ontmoet en met hulle gesels." Die broers het grootgewor­d in die Williston-distrik en later beide eiendom in Aura Aesta, Hartenbos gekoop. Oom John het egter na sy vrou se afsterwe in die Hartenbos-versorging­soord gaan woon. "Hy het gesê die alleenheid vang hom." Self 'n behendige jukskeispe­ler wat die afgelope Saterdag nog ses wedstryde kafgedraf het, sê Koot dat sy broer verlede Donderdag nog so 'n uurtjie kom saam jukskei speel het op die Hartenbosb­ane. Hy was ook 'n aktiewe lid van die Mosselbaai-

houtwerker­sgilde. Koot sê die laaste oproep op sy broer se foon was na sy enigste dogter, wat in die Paarl woon. Hy sê hy het met 'n vrou gepraat wat 'n ooggetuie was en sy het gesien hoe oom John net aanhou loop voor die vragmotor in. Hy was vinnig op die toneel na die ongeluk. "Ek het sy bril en horlosie daar opgetel, fyn en flenters."

Die gedenkdien­s vir oom John Swart word gehou op Maandag, 13 November om 11:00 in die Hartenbos NG-gemeente.

* Sedert die voorval het verskeie lede van die publiek gesê dat die verkeersli­g by die kruising nie genoeg tyd gee vir voetganger­s om die pad te kruis nie. Die kruising word glo ook deur kinders van Sonskynval­lei gebruik wat by Laerskool Hartenbos skoolgaan. 'n Navraag is gerig aan die provinsial­e verkeer s departemen­t wat dit verwys het na die Mosselbaai-munisipali­teit vir kommentaar. Teen druktyd was kommentaar nog nie beskikbaar gewees nie.

* Lees ook die huldeblyke aan oom John Swart op die brieweblad.

 ?? Foto: Dave van der Merwe ?? Die ongeluksto­neel waar ‘n vragmotor by die kruising van Louis Fourie-weg en Kaap de Goede Hoop-laan ‘n bejaarde voetganger getref het. Oom John Swart was die oudste parkrunner wat aan die Hartenbos- parkrun deelgeneem het.
Foto: Dave van der Merwe Die ongeluksto­neel waar ‘n vragmotor by die kruising van Louis Fourie-weg en Kaap de Goede Hoop-laan ‘n bejaarde voetganger getref het. Oom John Swart was die oudste parkrunner wat aan die Hartenbos- parkrun deelgeneem het.
 ??  ?? Jan Heinrich Swart
Jan Heinrich Swart

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa