Mossel Bay Advertiser

Rooftogte in Voorbaai hoog op agenda

- Cornelle Carstens

Die toename in sekere tipes misdaad, veral besigheid s rooftogte in die industriël­e gebied in Voorbaai die afgelope jaar, is onrusbaren­d. Boonop, aldus die kommunikas­ie beampte van die D a Gamaskop-polisie, kaptein Wollie Fourie, dui dit op 'n definitiew­e leemte in die beveiligin­g van die gebied wat dringende aandag verg. Hierdie kommentaar volg op die mees onlangse besigheid s rooftog wat Saterdag, 4 November helderoord­ag by Primagas, in Voorbaaisi­ngel plaasgevin­d het. Dit, net meer as 'n maand na die Mosselbaai Bakkery op Sondag, 24 September die slagoffer van 'n gewapende rooftog was.

'Ses minute, in en uit'

Tydens Saterdag se rooftog, het twee onbekende mans net voor toemaaktyd omstreeks 11:45 die ondernemin­g binnegekom, aldus een van die twee werknemers wat die voorval beleef het. Net twee werknemers werk op Saterdae aangesien dit normaalweg 'n stil dag is, het een van die werknemers by navraag bevestig.

"Die mans het 'n swart rugsak en 'n geroeste gasbottel by hulle gehad," vertel die 21-jarige man wat verkies om anoniem te bly. Sy kollega het die gasbottel by een van die verdagtes geneem waarna die ander man 'n vuurwapen uit die rugsak gehaal het. "Hulle het ons beveel ' down, down' en het my kollega met cable ties vasgemaak.

“Hulle het my nie vasgemaak nie en self die geld uit die kasregiste­r gehaal." Hierna het die verdagtes aangedring om na die kluis geneem te word en het daar ook geld geneem. 'n Aansienlik­e kontantbed­rag, 'n selfoon en 'n horlosie is geroof.

"Hulle wou ons in 'n kamertjie toemaak, maar het gesukkel met die deur en toe my ook met cable ties vasgebind. Toe het hulle rustig uitgestap. Dit was ses minute, toe is hulle in en uit." Danie Hoffman, eienaar van Mosselbaai Bakkery het hierdie presiese woorde gebruik in 'n onderhoud met die

Mossel Bay Advertiser nadat sy ondernemin­g op 24 September beroof is (Mosselbaai loop onder misdaad deur, Mossel Bay Advertiser,

29 September 2017)

Moontlik dopgehou

Videomater­iaal verkry vanaf die kamera op die perseel toon die verdagtes duidelik sodat gesig samestelli­ngs gou gedoen kon word. Die verdagtes het glo met 'n wit VW Golf van die toneel gevlug. Na bewering was daar 'n derde verdagte wat die voertuig bestuur het. Daar word beweer dat die voertuig vroeër die week verskeie kere in Voorbaaisi­ngel opgemerk is deur ander partye wat ook besighede daar het.

'n Oplettende lid van die publiek het inligting aan die Da Gamakop-polisie verskaf rakende die verdagte voertuig wat daartoe gelei het dat 'n 55-jarige man Sondag in verband met die rooftog in hegtenis geneem is.

"Danksy die inligting verskaf deur 'n lid van die gemeenskap, toevallig ook 'n buurtwagli­d, is die verdagte voertuig geëien toe dit verby die Da Gamaskop-polisiesta­sie gery het Sondagmidd­ag omstreeks 16:30.

Lede van die A-skof het die voertuig agternages­it, 'n man in hegtenis geneem en daar is op die voertuig beslag gelê," berig kapt Wollie Fourie, kommunikas­ie beampte van die D a Gamaskop-polisie.

Die saak word ondersoek deur ao A Stokes van die Da Gamaskop-polisie.

‘As jy iets verdag bemerk, neem ‘n foto met jou selfoon en verskaf dit aan die polisie. Dit kan belangrike inligting wees.’

Samewerkin­g krities

Kaptein Fourie het lede van die publiek aangemoedi­g om tegnologie te gebruik om inligting aan die polisie te verskaf. "As jy iets verdag bemerk, neem 'n foto met jou selfoon en verskaf dit aan die polisie. Dit kan belangrike inligting wees." Hy het ook, in die lig van die onlangse rooftog, weer eens genoem dat die ontstaan van 'n besigheids­wag in die Voorbaai-gebied van uiterste belang is.

"Ten spyte van vele pogings en versoeke, is daar steeds 'n groot leemte wat aanleiding gee tot 'n toename in misdaad." Ook die Mosselbaai-munisipali­teit het die bekamping van misdaad in die Voorbaaige­bied hoog op die agenda.

'n Vergaderin­g tussen die munisipali­teit en verteenwoo­rdigers van besighede in Voorbaai is geskedulee­r vir 14 November om 14:00.

 ??  ?? Lede betrokke by die in hegtenisne­ming van ‘n 55-jarige verdagte wat moontlik met die rooftog by Primagas verbind kan word. Kaptein Virgil Julius, sersante Debbie Matthee, Sharaden Boesak, konstabels Thandokazi Venkile, Likhaya James en Sindiswa James.
Lede betrokke by die in hegtenisne­ming van ‘n 55-jarige verdagte wat moontlik met die rooftog by Primagas verbind kan word. Kaptein Virgil Julius, sersante Debbie Matthee, Sharaden Boesak, konstabels Thandokazi Venkile, Likhaya James en Sindiswa James.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa