Mossel Bay Advertiser

Ontbossing net die begin

- Nickey le Roux

Nie net gaan die ontbossing van 'n groot strook van die skouer van Louis Fourieweg help om die area vir voetganger­s te beveilig nie, die droom is om uiteindeli­k hierlangs en deur Heiderand en Da Nova 'n veilige area te skep waar die gemeenskap kan oefen en uiteindeli­k gesonder kan lewe.

Dit is waarna wyksraadsl­id Mark Furness mik toe hy bykans R40 000 uit sy eie sak bestee het om in samewerkin­g met die plaaslike buurtwag skouer aan die wiel te sit om die area te beveilig.

"Louis Fourieweg is 'n provinsial­e pad, gevolglik kon die munisipali­teit nie die ontbossing doen nie. Gemeenskap s veiligheid en die bevorderin­g van 'n omgewing waarin 'n gesonde leefstyl aangemoedi­g kan word, is só belangrik dat ek bereid was om die projek self te befonds," sê raadslid Furness. Hy meld dat veral voetganger­s dikwels die teiken van misdadiger­s geword het wanneer hulle langs Louis Fourieweg stap en dat mense selfs daarlangs met messe aangeval is. Die digte bosse het as skuilplek vir die misdadiger­s gedien. Die ontbossing het reeds tot beter beveiligin­g bygedra omdat misdadiger­s nie meer van die verrassing­selement kan gebruik maak wanneer hulle voetganger­s aanval nie.

Gesonde leefstyl

Met Mosselbaai wat reeds die gewilde, jaarlikse Sportfees en boonop die Arthur Johnson Sportweek by Hoërskool Punt aanbied, spreek dit vanself dat die dorp met die nodige aansporing in die sportmekka van die Suid-Kaap kan ontwikkel.

Die projek, wat oor 'n aantal jaar sal moet strek, beoog om uiteindeli­k die strook wat nou ontbos is, met gras en inheemse bome te beplant waarlangs 'n veilige roete aangelê kan word vir jongmense en die jonges van gees om buitenshui­s te kan oefen.

Sodra fondse beskikbaar word, beoog raadslid Furness om buitelug gimnasium toerusting op strategies­e plekke te installeer om 'n verdere insentief vir goeie oefening te wees.

"Hierdie tipe toerusting word vir jare reeds op Seepunt se promenade, by Muizenberg en op ander strategies­e punte in Kaapstad deur duisende mense gebruik en is reeds as peuterbest­and bewys. Die apparaat bied 'n sterk aansporing vir mense wat nie 'n gimnasium kan bekostig nie om werklik aktief te raak en te oefen.

"Ek bedank opreg diegene wat met die projek tot nog toe ruim tyd, toerusting en fondse geborg net, onder meer MassHire en Meyer Transport. Nou is daar vir die volgende fase egter skenkings en borgskappe nodig vir die bome en onder meer gras. Ek doen 'n beroep op die gemeenskap om, waar moontlik, behulpsaam te wees. Enige tuindienst­e ondernemin­gs of ander besighede wat graag betrokke wil raak, kan my gerus kontak (044 606 5000)," nooi raadslid Furness.

 ??  ??
 ?? Foto: CapeTownMa­gazine.com ?? In Seepunt by die gewilde promenade word die buitelugoe­fenapparaa­t jare reeds peuterbest­and deur oud en jonk gebruik.
Foto: CapeTownMa­gazine.com In Seepunt by die gewilde promenade word die buitelugoe­fenapparaa­t jare reeds peuterbest­and deur oud en jonk gebruik.
 ?? Foto: www.tgogc.com ?? As raadslid Mark Furness die dorp se samewerkin­g kan kry, kan Mosselbaai ook eersdaags spog met buitelug oefenappar­aat om oud en jonk tot ‘n gesonder lewenstyl aan te moedig.
Foto: www.tgogc.com As raadslid Mark Furness die dorp se samewerkin­g kan kry, kan Mosselbaai ook eersdaags spog met buitelug oefenappar­aat om oud en jonk tot ‘n gesonder lewenstyl aan te moedig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa