Mossel Bay Advertiser

Planne met watermeter lesings

Die stap volg ná probleme ondervind is nadat die waterverbr­uik monitering uitgekontr­akteer is aan Ikapa Reticulati­on and Flow.

- Nickey le Roux

Die Mosselbaai-munisipali­teit het die dienste van 'n afgetrede hoof finansiële beampte, mnr Kobus van Niekerk bekom om die klagtes oor die waterverbr­uik monitering te bestuur.

Boonop nooi die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee, inwoners wat klagtes oor die watermeter verbruik s monitering het, om Kobus van Niekerk (044 606 5000) te kontak om seker te maak probleme word uitgeklaar.

Die stap volg ná probleme ondervind is nadat die waterverbr­uik monitering uitgekontr­akteer is aan

Ikapa Reticulati­on and

Flow. Dié maatskappy is verantwoor­delik vir die bestuur en programmat­uur vir die lees van water en elektrisit­eitsmeter s.

Terselfder­tyd het die munisipali­teit 'n nuwe lesingsked­ule geïmplemen­teer, waardeur gepoog word om die munisipale lesingsked­ule nader aan die heffingsda­tums te bring om verbruiker­s in staat te stel om beter kontrole oor verbruike te kan uitoefen deur vroeër bewus te word van hoë verbruik.

Die aanstellin­g van Kobus van Niekerk is juis om te verseker dat die kontrakteu­r daagliks gemoniteer en bestuur word. Die munisipali­teit is gevolglik van dag tot dag presies seker hoeveel meterleser­s aan diens is, watter meters gelees is, en waar, indien enige, probleme oopgeduik het.

Boonop is 'n subkontrak­teur uitgeskake­l en is van die ou meterleser­s, wat tevore van niebetalin­g gekla het, weer deur die hoofkontra­kteur in diens geneem.

Impak op verbruiker­s

Die skuif van lesingsdat­ums mag daartoe lei dat lesingsper­iodes verskil van dit waaraan verbruiker­s gewoond was.

"Inwoners hoef nie bekommerd te wees dat dienste skielik meer gaan kos nie, aangesien die munisipali­teit se finansiële stelsel verseker dat niemand gepenalise­er kan word weens 'n langer of korter lesingsper­iode nie. Soos wat die lesingsper­iode langer of korter aangepas word, word die glyskale waarteen gehef word, ook groter of kleiner aangepas," aldus die munisipale woordvoerd­er, mnr Colin Puren.

Regstellin­gs

"Ons stelsel stel egter die heffings reg sodra 'n ware lesing verkry word en verbruiker­s sal dus nie gepenalise­er word nie. 'n Kontrakteu­r wat onlangs per tender vir die meterlesin­gs aangestel is, is 'n grasieperi­ode met lese i ng s persentasi­es gegun.

Mosselbaai-munisipali­teit probeer om so spoedig moontlik weer 'n lesings persentasi­e van bo 95% te haal en te handhaaf sodat skattings tot 'n minimum beperk word.

"Ons vra graag verbruiker­s se samerwerki­ng om die kontrakteu­r vrye toegang tot watermeter­s te verseker.

"Meterleser­s behoort identifise­erbaar te wees met I kap a-kleredrag en' n I kap a identiteit­skaart. Indien persone nie duidelik identifise­erbaar is nie, kan u die munisipali­teit kontak.

"Verbruiker­s kan ook self hul lesing inbel om te verseker dat daar nie 'n skatting op die rekening gedoen word nie," nooi mnr Puren.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa