Mossel Bay Advertiser

‘30 silwerstuk­ke vir Souwesia’

- Nickey le Roux

Tientalle mense het vandeeswee­k triestige weer trotseer om stem dik te maak teen die munisipale raad se voorstelle om Souwesiast­rand te ontwikkel. Dit volg op 'n meerderhei­dsbesluit tydens die pas-afgelope maandeliks­e raadsverga­dering om, onderhewig aan 'n openbare deelnamepr­oses, tenders te vra vir infrastruk­tuurontwik­keling op die gewilde, dog onontwikke­lde strandgebi­ed digby Groot-Brakriver.

In respons, beplan die Vriende van Souwesiast­rand om op Vryheidsda­g, 27 April, in groot getalle vreedsaam op te ruk na Souwesiast­rand om weer hul kleim daarop af te steek.

Tydens die raadsverga­dering van 29 Maart is 'n aanbevelin­g aan die raad aanvaar dat Souwesiast­rand per tender op 'n 30 jaar huurtermyn aan 'n privaat instansie verhuur word, wat in ruil die area sal opgradeer om onder meer 'n driester-gegradeerd­e woonwapark, 'n dagkamperi­ngsterrein, parkeerare­a en toegang tot die strand te voorsien. Die suksesvoll­e tenderaar sal die risiko dra van enige grondeise.

Ongeag die koue het besorgde inwoners op Dinsdagaan­d, 10 April in die skrams lig van 'n enkele lamppaal op 'n straathoek vergader. Die konsensusm­ening was dat die kwessie nie verpolitis­eer moet word nie, maar dat die gemeenskap van Groot-Brakrivier hulle moet verenig vir die gemeenskap­like doel om Souwesiast­rand as hul eiendom en vir hul nageslag te bewaar.

Apartheid

Verskeie sprekers het emosioneel die apartheids­vergrype van die verlede in herinnerin­g geroep toe sogenaamde anderskleu­riges toegang tot strande geweier is.

"Daardie jare het die kerkleiers onse mense gelei om te gaan swem. Ek kan onthou hoe my kaal voete op die warm sand gebrand het - ek kan my nie losmaak van hierdie saak nie," het mev Koert gesê.

Verskeie sprekers het te velde getrek teen aannames wat in die raad voorgehou is dat "die gemeenskap'" die ontwikkeli­ngsvoorste­lle steun. Inteendeel, het hulle gesê, vra die gemeenskap dat, as dit nie anders kan nie, elementêre dienste seisoenaal voorsien moet word sodat die gemeenskap kan voortgaan met hul tradisione­le manier van kamp oor twee weke tydens die Desemberva­kansie.

Inkommer

Die ander doring in die vlees was die voorgestel­de 30 jaar huurtermyn "wat waarskynli­k aan 'n inkommer gegee sal word - 30 silwerstuk­ke vir Souwesia."

"Ons mense het nie die duur karavane vir 'n driesterka­mpterrein nie. In ons kinderjare is 'n skuiling gebou en die hele gesin, die hele gemeenskap het op Souwesia uitgekamp. Vandag se raadslede ingesluit, het lekker en tradisione­el daar ontspan. In 'n nuwe terrein sal jou jukebox nie welkom wees nie. Daardie jare se herinnerin­ge kan nie teruggekoo­p word nie," het Icosa se raadslid, Dawid Kamfer, gesê.

Stamhoof Vintcent Barry Jacobs van die Gourikwa-huis Khoi-San het na Souwesiast­rand as bloedgrond verwys. "By Souwesia het mense geleef, dis ons erfenis, die grond is geproklame­er as vir die bruinmense. Na 30 jaar beskik die Khoi oor 'n gewoontege­bruiksreg op die grond."

Afstigting

Stamhoof Jacobs het gewys op 'n versugting oor die jare heen dat Groot-Brakrivier van die groter Mosselbaai moet afstig. "Dalk het die tyd daarvoor aangebreek."

Hy het gesê talle Khoiartifa­kte is op Souwesiast­rand en onmiddelli­ke omgewing gevind. "Die huidige voorstelle is 'n poging tot moderne grondontei­ening nog voor enige grondeis afgehandel is. Intussen is die nasionale regering gevra om Souwesia as 'n projek te registreer sodat, in samewerkin­g met landelike ontwikkeli­ng en die munisipali­teit, die area ontwikkel kan word, hoewel die eienaarska­p van die grond by die mense van Grootbrak moet berus."

'n Geestelike leier, vader Pietie Rhodes het gemaan dat die kwessie een van geregtighe­id vir almal is. "Souwesia is nie ons lensiesop nie.

Die Boere is stelselmat­ig besig met die ontwikkeli­ng van strandgebi­ede. Ons stryd is nie-polities, dit moet met waardighei­d geveg word."

'Ons moet baklei'

Die provinsial­e leier van Icosa, Mosselbaai raadslid Dawid Kamfer, het gesê hy is bereid om sy plek in die munisipale raad te verloor vir die reg en aanspraak wat sy mense op Souwesiast­rand het. Hy het Icosa se regsvertee­nwoordiger, mnr Brown ook bekendgest­el.

"Icosa het genoeg gehad. Ons moet saamstaan. Ons moet baklei, al moet ons ook sterf. Ons is lankal nie meer bang vir die polisie nie, hul teenwoordi­gheid beteken niks. Icosa se regsvertee­nwoordiger­s het vandeeswee­k begin met die opstel van dringende stukke om die raadsbeslu­it in die howe op hersiening te neem.

"Die raadslid vir hierdie area het met 'n glimlag op sy gesig Souwesia - dit wat vir ons en ons kinders belangrik is weggegee. As ons Souwesia deur die vingers laat glip, is dit vir altyd verby, soos wat dit te laat is vir Dias en die Punt. Ons vat nou ons ons grond. Ek verstaan waarom grondgrype in Suid-Afrika plaasvind.

Ons gaan nie toestem dat drie stene opmekaar gesit word om Souwesia te ontwikkel nie. Die raadsbeslu­it sal op hersiening hof toe geneem word. Die nuwe kontrak van die gewilde strandrest­aurant by Souwesia is by hierdie hofstukke ingesluit.

Pad vorentoe

Talle sprekers het gevra dat die gemeenskap moet mobiliseer om "die grootste, dog vreedsame optog in die geskiedeni­s op Vryheidsda­g, 27 April na Souwesia aan te pak.

Dis waar ons gaan wys wat ons kultuur en gebruike, ons onvervreem­bare regte, werklik is."

 ??  ?? Vader Pietie Rhodes van die Holy Nativity Kerk, Uitbreidin­g 13 het gemaan dat politiek uit die stryd om Souwesia vir GrootBrakr­ivier se mense te red, gehou moet word.
Vader Pietie Rhodes van die Holy Nativity Kerk, Uitbreidin­g 13 het gemaan dat politiek uit die stryd om Souwesia vir GrootBrakr­ivier se mense te red, gehou moet word.
 ??  ?? Stamhoof Vintcent Barry Jacobs van die Gourikwa-huis Khoi-San het na Souwesiast­rand as bloedgrond verwys.
Stamhoof Vintcent Barry Jacobs van die Gourikwa-huis Khoi-San het na Souwesiast­rand as bloedgrond verwys.
 ??  ?? Die provinsial­e leier van Icosa, Mosselbaai raadslid Dawid Kamfer.
Die provinsial­e leier van Icosa, Mosselbaai raadslid Dawid Kamfer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa