Mossel Bay Advertiser

‘Grootste swartpot’ arriveer vir fees

- Nickey le Roux

Vir meer oor die gassjef, Karen du Plessis, besoek by www.kitchenque­en. co.za en haar facebook-bladsy: Kitchen Queen Food Studio

Alles wat die sintuie kan prikkel, en hope daarvan! Dít is wat vir die komende Soul Festival in die vooruitsig gestel word.

Die reëlingsko­mitee het vandeeswee­k met groot opgewonden­heid verneem dat die grootste swartpot ter wêreld vir hierdie fees reeds in Mosselbaai aangekom het en 'n fokuspunt van die fees gaan wees.

"Die pot weeg meer as 2.5 ton, met 'n deursnee van twee meter. Dit was

'n enorme taak om dit tot hier vervoer te kry. Nou word dit vir eers veilig geberg en sorgvuldig voorberei vir die Soul Festival," sê Marika Thomatos, eienaar en een van die grootste dryfvere van die fees.

Borge

Die groot pot gaan gebruik word om kos by die feesarena voor te berei, en borge wat sou belangstel om deel van hierdie projek te wees, is welkom om Marika direk by marika@munromanor.com te kontak.

Hoewel die feesarena by die ou kragstasie op Santosstra­nd gesetel gaan wees, sal talle restaurant­e in en om Mosselbaai net die beste wat hulle kan aanbied, voorsit. Restaurant­e wat graag deel van die fees wil wees, kan hul besonderhe­de aan Rozain Hansen by rhansen@mosselbay.gov.za deurgee. Die sperdatum is 25 April.

Gratis

Planne vorder fluks om die Diaz Express in te span vir die twee feesdae om feesganger­s gratis tussen Mosselbaai en Groot-Brakrivier te vervoer, met stopplekke tussenin waar feesganger­s kan kus en keur aan voorkeurko­s en vermaak.

Die enorme swartpot vorm egter die sentrale fokuspunt van die fees met onder meer die Pot-aan-die-kookkonser­t wat talle plaaslike en groot name in die musiekbedr­yf gaan betrek. Hierbenewe­ns sal interessan­te kospraatji­es deur onder meer Ina Paarman en andere verseker die fynproewer­kokke se belangstel­ling wek, terwyl 'n filmfees wag op diegene wat genoeg te ete en drinke gehad het.

By die feesarena sal die geurigste, lekkerste koffie, koudste en voortrefli­kste wyne en boetiekbie­r die smaaklikst­e eetgoed goed kompliment­eer.

Boonop, anders as in die res van die land, is toegang tot die Soul Festival gratis. Dagboek dus nou reeds 13 tot 15 Julie, nooi vriende en familie - oudergewoo­nte gaan hierdie 'n fees der feeste wees.

 ?? Foto: Tersia Marais ?? Karen du Plessis van Kitchen Queen Food Studio gaan die sjef by die volgende byeenkoms van die Fynproewer­sgilde wees.
Foto: Tersia Marais Karen du Plessis van Kitchen Queen Food Studio gaan die sjef by die volgende byeenkoms van die Fynproewer­sgilde wees.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa