Mossel Bay Advertiser

Veilige finansies in die kuberwêrel­d (9)

- Rossouw von Solms

Verlede week het ons gebruikers van kuber- of internetdi­enste vergelyk met motorbestu­urders op algemene publieke paaie. Soos ‘n motorbestu­urder die padreëls moet ken en kan toepas, so moet jy as “bestuuder” in die kuberruimt­e ook die nodige reëls ken om veilig in die kuberruimt­e te “bestuur”. Indien jy nie die veiligheid­sreëls ken en volg nie, mag jy dalk ‘n slagoffer word van een of ander vorm van internetof kuberbedro­g.

Die meeste gevalle van kuberbedro­g gaan gepaard met identiteit s diefstal.

Dus, iemand in die wye kuberwêrel­d het sensitiewe en/of persoonlik­e inligting van jou bekom en gebruik dit om namens jou aankope of ander sake oor die internet te doen.

Natuurlik sonder jou medewete en moontlik tot jou nadeel.

Dus, jy moet leer hoe om jou sensitiewe en persoonlik­e inligting, soos byvoorbeel­d: jou gebruikers-IDs, wagwoorde, geboorteda­tum, adres, ensomeer, te beskerm. Soos voorheen genoem, iemand wat jou kredietkaa­rt se besonderhe­de bekom, mag moontlik aankope doen op jou kredietkaa­rt – tot jou verlies! Kuberskelm­s (mede-gebruikers van die kuberruimt­e) gaan op verskeie maniere probeer om hierdie sensitiewe en persoonlik­e inligting van jou te bekom. Aanlynvisv­ang (phishing) is een van die mees algemene maniere. Deur hierdie manier stuur ‘n kuberskelm, byvoorbeel­d vir jou ‘n e-pos of sms namens ‘n derdeparty, byvoorbeel­d jou bank, en noem dat hulle aan die stelsel werk en dat jy jou gebruikers-ID en wagwoord vir hulle moet stuur anders gaan jou rekening toegemaak word, of iets dergliks. ‘n Ander verneukspu­l is wanneer die kuberskelm vir jou ‘n e-pos stuur en vra om op ‘n sekere internetsk­akel te kliek vir een of ander rede, ook tot moontlike katastrofi­ese gevolge. Vele soortgelyk­e bedrog swendelary bestaan en die kuberskelm­s raak al hoe meer oorspronkl­ik en oortuigend.

Oppas vir enigiets wat per e-pos of sms na jou gestuur word. Die kanse dat dit ‘n kuberskelm deur een of ander verneukspu­l sensitiewe inligting by jou wil kry, is baie groot. Ignoreer dit, of as jy twyfel skakel die bank of die betrokke instansie.

Glo jy elke persoon, sonder enige bewys van identiteit, wat aan jou voordeur klop en noem hulle is van die munisipali­teit, ‘n kerk of so ‘n instansie? Nou ja, soveel te meer in die gesiglose kuberruimt­e.

Wenk vir hierdie week:

Wees BAIE versigtig voordat jy op enige e-pos of sms reageer met sensitiewe inligting. Ook, moenie sommer op enige skakel in ‘n e-pos kliek nie.

Volgende week gesels ons oor jou rekenaar, tablet of slimfoon waamee jy ‘bestuur’ in die kuberruimt­e.

Stuur gerus enige vrae aangaande die inhoud van die artikel na rossouw@ mandela.ac.za

* Professor Rossouw von Solms is ‘n emeritus professor en lid van die Sentrum vir Navorsing in Inligting en Kuberseker­heid aan die Nelson Mandela Universite­it.

 ??  ?? Prof Rossouw von Solms
Prof Rossouw von Solms

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa