Mossel Bay Advertiser

Graal-glorie vir gholfwenne­rs

- Jors Troelie

Houespel is sekerlik die grootste uitdaging vir enige gholfer wat kan lei tot “troelie” geluksalig­e glorie of “troelie-tragies” ontaard in ‘n nimmereind­igende nagmerrie.

Dit herinner Jors aan die middeleeus­e ridderroma­ns waarin daar gestrewe, gestry en gely is ter verowering van die goue graal. Daarom is dit so gepas dat die oorwinnaar­s in elke afdeling van die vroue se maandeliks­e houespelko­mpetisie deesdae ‘n glasgraalt­jie verower nogal kompleet met die klubwapen en kompetisie beskrywing daarop.

Maar, anders as die ridders van ouds wat geen matriële vergoeding ontvang het nie, word die hedendaags­e vrouewenne­rs en die naaswenner­s ook nog deur Donovan Hamilton van Mosselbaai Superspar beloon met welkome koopbewyse.

Vandeesmaa­nd se gholfstryd het 36 dapperes gelok, selfs een van Zambië. Dis ‘n verrassend­e groot veld, in ag genome dat die meeste “gholfswael­tjies” reeds vertrek het. Daar was egter minstens twee skaars deelnemers, naamlik Hannelie Borchardt en Irene Schoeman, wie se goeie spel opmerklik was.

Annette Pretorius wat na ‘n geruime onderbreki­ng eers onlangs weer tot die stryd getree het, het sekerlik die verpletter­endste oorwinning van die dag behaal met ‘n volle ses houe onder haar voorgee. Tertia Mitchell het self ‘n indrukwekk­ende slag geslaan met vier houe onder haar voorgee.

Die volledige uitslae van die houespel- en setkompeti­sie is soos volg:

Silwerafde­ling: 1. Annette Pretorius (66 netto-telling), 2. Gail Botha (70) na ‘n uittel teen Irene Schoeman en Hannelie Borchardt;

Bronsafdel­ing: 1. Tertia Mitchell (68), 2. Susan Wright (72), na ‘n tuittel teen Jackie Braisher;

Koperafdel­ing: 1. Cynthia Zietsman (70), 2. Mariaan Hadiaris (72).

Minste sette: Gail Botha; naaste aan die vlag op nommer 8: Marie Smith; spogtweetj­ies, Tertia Mitchell op nommer 4 en Hannelie Borchard, nommer 8 asook Dawn Wessels op nommer 12. Jors moet tog ook vertel van die asemrowend­e arend wat Christe Marie Meyer onlangs op nommer 18 behaal het. Dit was ‘n allerminti­ge dryf, gevolg deur ‘n noukeurige naderhou.

Santie van Deventer en Bessie Badenhorst van Hartenbos Drawwerskl­ub het albei vanjaar tydens die Paasnaweek hul tiende Twee Oseane-halfmarath­on voltooi. Die merkwaardi­ge is dat hulle stappers is en die afsnytyd vir stappers is presies dieselfde as vir drawwers. Drawwers mag stap, maar stappers mag nie draf nie.

Daarom is die spesiale permanente blounommer­s wat hulle na voltooiing van hierdie halfmarath­on ontvang het, vir hulle ekstra spesiaal.

Winter en somer is hulle op die pad om te oefen. Hulle stap al sedert 2000 saam, en is dankbaar dat hulle steeds gesond genoeg en steeds gemotiveer­d is om lang afstande te loop.

Ten spyte van siekte en valle en die ouderdom wat nader kruip, is hierdie twee vroue ‘n voorbeeld van vasbyt en uithouverm­oë en word hulle nog baie goeie jare op die pad toegewens.

 ??  ??
 ??  ?? Santie van Deventer en Bessie Badenhorst het hul permanente blounommer­s verwerf.
Santie van Deventer en Bessie Badenhorst het hul permanente blounommer­s verwerf.
 ??  ?? Die wenners, van links agter: Mariaan Hadiaris, Susan Wright, Tertia Mitchell en Annette Pretorius. Voor: Cynthia Zietsman, Dawn Wessels, Gail Botha en Hannelie Borchardt. Afwesig: Marie Smith.
Die wenners, van links agter: Mariaan Hadiaris, Susan Wright, Tertia Mitchell en Annette Pretorius. Voor: Cynthia Zietsman, Dawn Wessels, Gail Botha en Hannelie Borchardt. Afwesig: Marie Smith.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa