Mossel Bay Advertiser

Barkie behaal skittertel­ling

- Gholfer

Met April fluks aan die gang, daglig wat vining besig is om korter te word en die wonderlike ervaring van seisoensve­randering, raak beplanning om ‘n ronde gholf in te pas waarskynli­k al hoe moeiliker.

Op Woensdag, 4 April het 160 spelers mekaar die stryd aangesê in ‘n vars herfsbries­ie. Bounty Wildsverwe­rking se gewilde borgdag het weer eens aan al die verwagting­e voldoen en die heerlike vleispryse was ‘n lus om te aanskou. Skitterend­e tellings is in die individuel­e stableford­kompetisie aangeteken. Jean Borchardt se 43 punte in die A-afdeling het aan hom die louere besorg. In die B-afdeling het Erick (Barkie) Barkhuizen se uitmuntend­e telling van 46 punte sy teenstande­rs verslae laat staan. Susan Combrinck, het die vroue se naam hoog gehou en haar verjaarsda­g behoorlik gevier deur op 42 punte in die C-afdeling baas te speel. Die swaar gelaaide prystafel het ook die volgende spelers tevrede laat huiswaarts keer: A Percival (42 punte), P Gouws en H Botha, albei 40 punte, R Combrinck, S Rautenbach en P Good op 39 punte.

Vrydag

Vrydag, 3 April het die spelers mekaar die stryd aangesê in die gewilde syfer 3-kompetisie. Die kompetisie word nege putjies beslis en die pret, vernuf en heerlike samesyn is alles deel van die kompetisie. Johan Strauss het sy talente behoorlik ten toon gestel en op 26 houe was hy die wenner. Ons bekwame klubbestuu­rder, Graeme Viljoen, het op 27 punte as naaswenner die podium betree. As jy nou regtig ‘n naweek goed wil begin, is hierdie driesyfer-kompetisie die ware Jakob.

Saterdag

Imraan Jacobs en Sodiq Samuel het Saterdag, 7 April die beterbal stableford­kompetisie na die uittel op 48 punte gewen. Clive Kaptein en Anthony Evertse (48 punte) het die tweede plek ingeneem. Twee besoekers, Pierre Muller en Pauline Gerber het ons mooi baan terdeë geniet en op 47 punte het hulle die derde plek ingeneem. L Loubser en A van Niekerk, asook B Barnard en P Botes het op 46 punte ook nog in die heerlike vleispryse gedeel.

Die eerste skote in die Suid-Kaapliga klap op Saterdag, 21 April. Ons Mosselbaai 2-span reis na Oubaai waar hulle teen Pinnacle Point sal kragte meet.

 ??  ?? Wenners by Bounty Wildsverwe­rking se geborgde dag is van links, agter: S Rautenbach, H Botha, R Combrinck en A Percival. Voor: J Borchardt, P de Villiers (Bounty Wildsverwe­rking) en E Barkhuizen.
Wenners by Bounty Wildsverwe­rking se geborgde dag is van links, agter: S Rautenbach, H Botha, R Combrinck en A Percival. Voor: J Borchardt, P de Villiers (Bounty Wildsverwe­rking) en E Barkhuizen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa