Mossel Bay Advertiser

Trotse pa borg op Boggomsbaa­i

- Marius Loubser

Dis lekker as ‘n mens se kind jou belangstel­ling in ‘n sportsoort deel, maar hoe lekker kan dit nie wees as jy drie seuns het en al drie deel jou passie vir ‘n sportsoort nie. Dié gelukkige en trotse pa is Hennie Pienaar van Pienaar-boerdery buite Boggomsbaa­i. Sy drie seuns is nou al drie op Oakdale Landbousko­ol en al drie is kranige gholfspele­rs. Henk in matriek is ‘n 5 voorgee en moet uithaal om voor Jaco, ‘n graad 9-man, se 6 voorgee te bly. Die jongste is Pienie, in graad 8, wat van ‘n 19 voorgee speel.

Hennie het verlede Saterdag ‘n skaap geborg by die Boggomsbaa­i-gholfklub en die Boggomsbaa­iers het ywerig meegeding om van die lekker vleis te wen.

Weergewys was dit glad nie ‘n lekker dag nie, want die sterk westewind het baie balle van koers af laat gaan, maar aan die einde van so ‘n dag se spel word al die houe, krom, reguit en skeef, nog steeds net so lekker in die klubhuis bespreek.

Baie dankie, Hennie, vir jou grootse gebaar elke jaar en ook vir die lekker worsbroodj­ie met halftyd.

In die individuel­e stableford­kompetisie het niemand beter gespeel as Philip Fourie nie. Hy het so pas van ‘n rugoperasi­e herstel, maar baie van ons dink hy het ons ‘n rat voor die oë gedraai en vir gholflesse gegaan. Om so goed in die winderige toestande te kon speel wil gedoen wees.

Die volledige uitslag was as volg:

1. Philip Fourie 40; 2. Willem van Wyk jnr 36; 3. Cassie Swanepoel 35; 4. John van Rensburg 35; 5. Henk Pienaar 34; 6. Hennie Pienaar 33; 7. Jaco Pienaar 32; 8. Tinus Prinsloo 32 en 9. Chris Feiertag 31. Die naaste aan die pen op nommer 15 is gewen deur John van Rensburg.

Eerskomend­e Saterdag, 14 April, vind die Sanlam Kansadag op Boggomsbaa­i plaas. Enigiemand wat wil kom speel is welkom. Inskrywing­sgeld is R100 en afslaantye vind van 10:00 af plaas.

Hennie het verlede Saterdag ‘n skaap geborg by die Boggomsbaa­igholfklub en die Boggomsbaa­iers het ywerig meegeding om van die lekker vleis te wen.

 ??  ?? Wenners op die Pienaar-boerdery se borgdag: John van Rensburg, Philip Fourie, Willem van Wyk, Hennie Pienaar (borg) en Cassie Swanepoel. Voor is Henk Pienaar.
Wenners op die Pienaar-boerdery se borgdag: John van Rensburg, Philip Fourie, Willem van Wyk, Hennie Pienaar (borg) en Cassie Swanepoel. Voor is Henk Pienaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa