Mossel Bay Advertiser

Gert Nel op sy stukke

-

Saterdag se skietkompe­tisie van die Neill Calitz Skietklub het in 'n lastige westewind plaasgevin­d. Die skuts het in vier individuel­e en twee parekompet­isies gekompetee­r. Die beste presteerde­rs van die dag was Suzette Herrer en Gert Nel. Suzette het teen die mans meegeding en uitstekend gevaar. Gert, 'n baie toegewyde sportman en lojale klublid, het twee eerste plekke behaal.

Die top vyf uitslae in elke dissipline was:

Individuee­l

10m: 1. Gert Nel en Johan Kemp; 3. Suzette Herrer, Ivan Maddison en Soekie Boshoff.

20m: 1. Willie Germishuys; 2. Suzette Herrer; 3. Gert Nel; 4. Chris Boshoff; 5. Johan Kemp.

10m snelvuur: 1. Suzette Herrer; 2. Chris Boshoff; 3. Ivan Maddison; 4. Johan Uys; 5. Willie Germishuys.

9mm: 1. Gert Nel; 2. Suzette Herrer; 3. Gerrie Bester; 4. Willie Germishuys; 5. Soekie Boshoff.

Pare

Silhouette 10m - 20m: 1. Willie en Ivan; 2. Chris en Gert; 3. Suzette en Gerrie.

Silhouette 20m: 1. Suzette en Gerrie; 2. Ivan en Willie; 3. Chris en Gert.

Woensdag

Woensdag se skietoefen­ing is deur die vroue oorheers met Suzette en Kara Hattingh wat mekaar goed opgedreun deur onderskeid­elik 97/100 en 95/100 te skiet. Onder die mans het Danie le Roux die beste gevaar met 93/100.

Beste tellings was: 1. Suzette; 2. Kara; 3. Danie; 4. Samson Tshoto; 5. Johan Kemp; 5. Rob Cumming. Die volgende skiet vind op Woensdag, 25 April plaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa