Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai - dorp waar kulture ontmoet

Munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee, skryf:

-

Mosselbaai is ’n waardige en trotse Kwêla Dorp van die Jaar 2017/18-wenner. Die dorp word altyd netjies en skoon gehou, hoë standaard dienste word gelewer, hier is geen slaggate in ons paaie nie, inwoners is vriendelik en toeriste en besoekers word hier op die hande gedra. Die sandstrand­e, uiters gematigde klimaat en goeie fasiliteit­e en groot verskeiden­heid aktiwiteit­e maak dit die nommer een bestemming vir baie.

Die jaarlikse Buffalo Bikers Rally, waarvan die 13de suksesvoll­e agtereenvo­lgende byeenkoms onlangs gehou was, trek motorfiets­ryers en besoekers van regoor die land heen na Mosselbaai. Dit is ‘n naweek van opwinding en ‘n feestelike atmosfeer heers in die dorp. Die gedreun van motorfiets­e word jaarliks met opgewonden­heid verwelkom. Mosselbaai munisipali­teit kry uitstekend­e samewerkin­g vanaf die organiseer­ders en ons bied logistieke ondersteun­ing waar nodig.

Die Mos Jazz is ook in Maart vanjaar vir die eerste keer op Mosselbaai aangebied. Selfs hier het besoekers en jazz-musieklief­hebber s van regoor di eland Mosselbaai toe gestroom om die fees by te woon en ons dorp te verken. Hoewel die munisipali­teit klagtes oor die klank ontvang het, kan u verseker wees elke klagte word volgens meriete gehanteer. Die algemene terugvoer oor die Mos Jazz, sowel as die Buff is oorweldige­nd positief.

Namens die raad vra ek om verskoning vir enige ongerief wat veroorsaak was deur die feeste, maar ek kan u verseker dat ons nou met al die organiseer­ders saamwerk om soortgelyk­e probleme in die toekoms te voorkom.

Ek weet die nodige stappe sal gevolg word om volgende jaar selfs ‘n beter en groter musiekfees aan te bied. Die fees het ‘n standaard gestel wat moeilik geëwenaar kan word, met die beste klanktoeru­sting, bekende kunstenaar­s en feesterrei­n op die strand.

Behalwe vir die bogenoemde twee aktiwiteit­e of feeste, bied Mosselbaai ook die jaarlikse Diasfees, nou die Dias- en Hawefees, aan tydens die eerste naweek van Februarie. Die jaarlikse Soulfees word in Julie gehou, die Sportfees in September/ Oktober en die Tarkafees in Desember, om maar net ‘n paar te noem.

Mosselbaai is waar kulture ontmoet en saamsmelt en ‘n hegte eenheid vorm; iets waarop die dorp, distrik, provinsie en land trots kan wees.

Ek moedig alle inwoners en besoekers aan om die geleenthed­e wat in Mosselbaai geskep word, te benut. Hier is plek vir almal, maar nie ten koste van ander nie.

Ek wil dit ook net graag regstel dat Mosselbaai se onderburge­meester nooit ‘n toespraak gelewer tydens die Mos Jazz nie.

Hiermee word korrespond­ensie oor die Jazzfees afgesluit. - Red

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa