Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai se ‘Survivor’

- Cornelle Carstens

Mosselbaai­ers het rede om trots te wees, omdat een van hulle eie, tot onlangs toe nog in die skoolbanke by Hoërskool Punt, die jongste deelnemer ooit in die opkomende

Survivor SA-realiteits­televisier­eeks is. Katinka Oosthuizen, net so bekend soos haar kunstenaar­ma, Maria, is te siene vanaf Donderdag 3 Mei, wanneer Survivor South

Africa: Philippine­s op M-Net, DSTV-kanaal

101 begin.

Die Mossel Bay Advertiser het by hierdie energieke jongmens, wie se YouTube-kanaal alleen reeds 17 409 intekenaar­s het, gaan inloer.

1. Hoekom het jy ingeskryf vir Survivor SA?

Vanat ek ‘n jong dogtertjie was, was

Survivor iets wat ons altyd saam gekyk het as ‘n familie. Dis goeie herrinerin­ge.

Die beste deel vir my destyds was die

challenges. Ek sou dit net kyk vir die uitdagings! Ek is mal daaroor om te klim en klouter en Survivor het volgens my dié

coolste klimrame gehad!

Soos wat ek ouer geword het, het die strategie meer uitgestaan vir my. Ek het die grootste verbeeldin­g óóit! Ek het myself daar in die oerwoud gesit en gedroom oor wat ek in so ‘n situasie sou doen. Toe ek sien dat die inskrywing­s oop is, het ek net geweet - ek móét probeer om in te kom.

Ek het nog altyd gegrap dat my familie my eendag op Survivor sal sien en kyk nou net. Toe wys ek hulle! Voor ek myself kon kry was ek op ‘n vliegtuig - min wetend wat dit alles behels!

2. Hoe voel jy daaroor dat jy geskiedeni­s gemaak het deur die jongste deelnemer ooit aan Survivor SA te wees?

Wow, wow wow! Kan ons dit nie asseblief in die Guinness Book of World Records publiseer nie? Dit is immers nog ‘n mylpaal wat ek graag wil bereik. Woorde kan nie beskryf hoe amazing dit is nie. Dit voel nog steeds nie soos ‘n werklikhei­d nie. Al is ek net 19 jaar oud, voel dit definitief nie so nie. Ouderdom was verseker nie ‘n faktor vir my in die spel nie. Alhoewel ek dit tot my voordeel gebruik het, as ek moes! Ek hoop dat dit jonger meisies sal inspireer om hulself daarbuite te sit. Jou ouderdom definieer jou nie. Jy kan enigiets doen wat jou hart begeer. Power to the young ones!

3. Wat was jou strategie?

Ek het nie baie getan in Desember nie, so ‘n deel van my strategie was om op te vang op ‘n tropiese eiland! Ek is nie ‘n Superfan soos party van die ander deelnemers nie, maar ek het goed geweet dat jy nie jouself ‘n teiken moet maak te vroeg in die spel nie. Hoe berei mens voor vir Survivor?

Jy kan fisies nie. Jy weet nie saam met wie jy gaan speel nie en jy weet nie waste curves die game gaan gooi nie. Wat ek wel gedoen het was om te gaan bungy jump om uit my gemaksone te kom en dit was maar basies dit. Soos wat jy besig is om te speel vorm jy strategieë. En dan stap jy weg met die mees

amazing ervaring van jou lewe!

4. Het jy geïntimide­erd gevoel?

Ek moet bieg, met die eerste oogopslag het ek rondgekyk vir iemand wat dalk my ouderdom is, net om te sien dat ek die enigste tiener is. As ek geïntimide­erd was, hoop ek dat die kamera dit nie afgeneem het nie! Wie wil nou swak lyk?

Omdat ek die jongste was, moes ek bewys dat ek ‘n sterk speler is, voordat hulle my terug na my mamma toe stuur - haha!

Die term survivor is ‘n sterk woord so almal het skrefiesoë gemaak en superintim­iderend gelyk! Daar was definitief deelnemers wat sterker voorgekom het as ander en almal wou hulle sterkpunte bekend maak.

Is enigiemand meer ervaar as ek in die spel? Ek dink nie so nie!

Ons almal is in die diepkant gegooi en moes dieselfde proses deurgaan om op

Survivor te wees. Ek het myself die heeltyd hieraan herinner en het net besluit om vriendelik met almal te wees.

5. Is daar iemand met wie jy veral goed oor die weg gekom het?

Wag en sien. Ek was nie daar om vriende óf vyande te maak nie, maar Jesus bless mens op tye wanneer jy dit die minste verwag. Wat ek wel kan sê is dat sodra die seisoen verby is, sal ek bietjie travel en gaan kuier (knipoog).

6. Noem ‘n uitdaging, ‘n struikelbl­ok, ‘n hoogtepunt en ‘n oorwinning?

Uitdaging: om toiletpapi­er te maak uit blare. Struikelbl­ok: Om my mond te hou. Ek hou te veel van praat. Hoogtepunt: Om elke oggend wakker te word op ‘n tropiese eiland. Mense betaal duisende vir dié ondervindi­ng. Oorwinning: Ek kan uiteindeli­k sê “Been there, done that, got the sand everywhere, I mean”...orals!

7. Wat is die belangriks­te les wat jy geleer het?

Ek het geleer dat ons so vasgevang word in die wêreld en sy gebeure dat ons vergeet om ‘n oomblik te vat en te waardeer wat om ons aangaan. Ek was super lank sonder tegnologie en ek het actually oorleef. #Shocker

Ek het geleer dat jy mag, moet en kan vir jouself opstaan, maak nie saak hoe oud jy is nie. Ek het geleer dat jou rug minder seer word as jy op bamboes slaap en dat te veel

coconuts nie ‘n goeie ding is nie.

Maar die mees belangriks­te ding wat ek geleer het is dat God orals om my is. Hy het my gedra in die spel soos wat niemand anders kon nie. Ook dat ek nooit vreeslik maer sal wees nie, want as ek wil lyk soos wat ek daar gelyk het sal ek basies niks moet eet nie. En myself net kan treat met ‘n teelepel rys. Nee dankie!

8. Jy het reeds baie aanlynaanh­angers. Hoe voel jy oor jou nuwe status?

Ek is nog steeds dieselfde, mal Katinka wat nie haar roots ooit sal vergeet nie. Wat ek wel kan sê is dat ek ongeloofli­k dankbaar is vir die deure wat nou oopgemaak gaan word vir my beroep.

9. Wat wil jy ander jongmense leer uit jou ervaring op Survivor?

God dra jou. Jy kan maatjies maak met mense wat 30 jaar ouer is as jy. Los julle fone vir ‘n week in julle kaste en vind iets anders om jouself mee besig te hou. Hou op om op diets te gaan. Ek sal nooit weer te min eet nie. Toe ek op Survivor was, het ek net teruggedin­k aan al die kos wat ek nié geëet het nie! En sit jouself buite jou gemaksone. Jy sal verbaas wees wat jy van jouself kan leer.

* Volg Katinka Oosthuizen op YouTube of op facebook en Instagram - @katinkadie­kat

* Sien Katinka se Survivor-video by https:// www.youtube.com/watch?v=iwmi2Q-u02s

 ??  ??
 ?? Foto: M-Net ?? Katinka Oosthuizen (19), Mosselbaai­er in murg en been het geskiedeni­s gemaak. Sy is die jongste deelnemer aan Survivor SA sedert die begin van dié gewilde realiteits­televisier­eeks.
Foto: M-Net Katinka Oosthuizen (19), Mosselbaai­er in murg en been het geskiedeni­s gemaak. Sy is die jongste deelnemer aan Survivor SA sedert die begin van dié gewilde realiteits­televisier­eeks.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa