Mossel Bay Advertiser

Polisie red mishandeld­e kinders Hy het geweldig pyn ervaar en sy been was erg geswel.

- Louise Karsten

Twee seuns is die afgelope week in afsonderli­ke voorvalle uit hul ouers se sorg verwyder nadat die gemeenskap die polisie daarvan vertel het dat die kinders mishandel word. Op Maandag, 16 April om 14:00 is polisiebea­mptes van die Mosselbaai se eenheid vir gesinsgewe­ld, kinderbesk­erming en seksuele misdrywe na 'n woning in Ezindlovin­i, Aslapark nadat hulle gerugte gehoor het dat

'n agtjarige seun reeds sedert Donderdag,

12 April in 'n huis toegesluit word.

Met die polisie se aankoms was die voordeur van die huis aan die buitekant met 'n skuifslot gesluit. Adjudant-offisier Alistair Rezant het die deur oopgemaak en die slagoffer, wat ernstig aangerand is, alleen in die huis aangetref. Volgens 'n polisiewoo­rdvoerder is die slagoffer na bewering deur sy 25-jarige ma reeds die Donderdag vermoedeli­k met 'n plank aangerand en met 'n klip teen die knie gegooi. Die seun, 'n leerder by Garden Route Primêr, het nog sy skoolklere aangehad toe die polisie hom gekry het. Hy het eenkant in die huis gesit.

"Dit blyk dat die kind met die polisie se aankoms reeds vier dae in die huis toegesluit was. Hy het geweldig pyn ervaar en sy been was erg geswel. Hy het ook gesukkel om te loop."

Polisiebea­mptes het vir die kind kos gegee alhoewel dit nie bevestig kon word of die kind sonder kos en water in die huis toegesluit is nie.

Die slagoffer is onmiddelik uit sy ma se sorg verwyder en na die Mosselbaai

provinsial­e hospitaal geneem waarna hy na die George-hospitaal oorgeplaas is.

Dokters het teen Dinsdag aan sy been geopereer omdat die wond na bewering reeds septies was en die seun nie gou genoeg mediese behandelin­g ontvang het nie.

Die kind sal vermoedeli­k vandag, Vrydag 20 April ontslaan word waarna hy in 'n plek van veiligheid geplaas sal word.

Polisie het die ma dieselfde dag opgespoor waar sy twee huise verder saam met haar babadogter­tjie by 'n buurvrou gekuier het.

Die ma is aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die seun se pa woon in die Oos-Kaap en die omstandigh­ede van sy baba-halfsussie sal ondersoek word.

Pa rand kind aan oor suiker

Op Dinsdag, 17

April is Groot Brakpolisi­e na 'n woning in Wolwedans ontbied nadat die gemeenskap daar gedreig het om reg in eie hande te neem oor 'n pa (40) wat na bewering gereeld sy 11-jarige seun aanrand. Konstabel Laurianne Botha het op die klagte gereageer en met haar aankoms by die woning het sy gehoor hoe 'n kind onophoudel­ik skree en huil.

Botha het bystand ontbied waarna die polisie die 11-jarige seun gekry het waar hy vreesbevan­ge in 'n buitetoile­t vir sy pa weggekruip het.

Die seun het aan polisiebea­mptes vertel dat sy pa hom vroeër gestuur het om 'n 2,5kg sak suiker te koop waarna die sak by 'n draad waardeur die kind geklim het, geskeur het.

'n Bietjie van die suiker het glo uitgeval. Volgens die polisiewoo­rdvoerder, sers Chantel Marais het die pa die seun met sy tuiskoms na bewering met die sak suiker deur die gesig geslaan, hom verder in sy gesig met 'n onbekende voorwerp aangerand en hom ook onder meer met die agterkant van 'n lyfgordel oor die lyf geslaan.

'n Betroubare bron na aan die ondersoek sê die kind het homself natgemaak weens die aanranding.

"Die slagoffer is baie bang vir sy pa en het aan die polisie gesê dat sy pa hom sal

doodmaak. Lede van die gemeenskap het gedreig om reg in eie hande te neem omdat die pa volgens hulle gereeld sy seun wreed aanrand. Daar is inwoners wat bang is die pa slaan die seun nog dood."

Die slagoffer het voorheen by sy ma op De Rust gewoon maar het vir die Desemberva­kansie vir sy pa kom kuier. Volgens sers Marais het die pa vir die kind gesê dat hy hom by Laerskool Vorentoe sou inskryf, maar dit het nooit gebeur nie.

Daar woon nie ander kinders in die huis nie. Die seun is intussen met sy ma op De Rust herenig. Volgens sers Marais was die ma oorstelp van vreugde om haar kind te sien.

Die verdagte is in hegtenis geneem en staar 'n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer in die gesig.

 ?? Foto’s: Cornelle Carstens ?? Adjudant-offisier Alistair Rezant hier saam met joernalis, Louise Karsten in die woongebied waar ‘n agtjarige kind aangerand is en vir dae lank toegesluit is. INLAS: Ondersoekb­eampte ao Alistair Rezant vertroos die 11-jarige seun wat wreed deur sy pa...
Foto’s: Cornelle Carstens Adjudant-offisier Alistair Rezant hier saam met joernalis, Louise Karsten in die woongebied waar ‘n agtjarige kind aangerand is en vir dae lank toegesluit is. INLAS: Ondersoekb­eampte ao Alistair Rezant vertroos die 11-jarige seun wat wreed deur sy pa...
 ??  ?? ‘n Elfjarige seun van Groot-Brakrivier het in hierdie toilet vir sy pa weggekruip nadat hy wreed aangerand is.
‘n Elfjarige seun van Groot-Brakrivier het in hierdie toilet vir sy pa weggekruip nadat hy wreed aangerand is.
 ??  ?? Die agtjarige seun wat vermoedeli­k vir vier dae in ‘n huis toegesluit is se been en knie is sigbaar geswel nadat hy na bewering deur sy ma met ‘n plank en ‘n klip aangerand is.
Die agtjarige seun wat vermoedeli­k vir vier dae in ‘n huis toegesluit is se been en knie is sigbaar geswel nadat hy na bewering deur sy ma met ‘n plank en ‘n klip aangerand is.
 ??  ?? Die 11-jarige seun se oë was toegeswel nadat sy pa hom na bewering met onder meer ‘n sak suiker deur die gesig geslaan het.
Die 11-jarige seun se oë was toegeswel nadat sy pa hom na bewering met onder meer ‘n sak suiker deur die gesig geslaan het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa