Mossel Bay Advertiser

Tarka-dwelmnes nou skoon

- Cornelle Carstens Foto's: Cornelle Carstens

Hoewel dit waarskynli­k soos ‘n nimmereind­igende proses gevoel het, is die inwoners van Tarka eindelik van die dwelmnes in Bokmakieri­estraat

118 ontslae. Daar is op grond van ‘n hooggeregs­hofbevel beslag op die huis gelê waarna dit deur die staat verkoop is en die dwelmsmous, Louis Company, wat die gemeenskap se lewens vergal het, dien tans tronkstraf uit.

Opgesom, klink dit na ‘n redelik eenvoudige proses, terwyl dit allermins die geval is. Die Mossel Bay Advertiser het in Januarie 2016 reeds berig, oor hoe die gemeenskap van Tarka na die huis opgeruk en die vensters en deure met planke toegespyke­r het.

Gedurende hierdie tydperk is ‘n petisie ook aan die bevelvoerd­er van die Mosselbaai-polsiestas­ie, lt kol Albert Haggard oorhandig. Ten tye van die voorval was daar 87 hofsake, wat betrekking het op dwelmverko­pe vanuit dié huis, hangende in die hof, het die

Advertiser destyds berig. Die veroordeel­de dwelmsmous, Louis Company was gedurende hierdie tydperk in aanhouding, maar desnieteen­staande is daar steeds uit die huis met dwelms handelgedr­yf.

‘n Ondersoekb­eampte in die saak, sers Heinrich Hansen van die Mosselbaai­polisiesta­sie is reeds etlike jare met ondersoekw­erk in die saak besig. Hy het ten einde raad, by die Nasionale Vervolging­sgesag aangeklop.

Nasionale Vervolging­sgesag

Ricardo Rhoda van die Nasionale Vervolging­sgesag se batebeslag­leggingsee­nheid in Kaapstad is sedert Januarie 2014 by die saak betrokke.

Meneer Rhoda het vandeeswee­k by navraag verduideli­k dat hooggeregs­hofaansoek­e nie net lank neem om afgehandel te word nie, maar ook baie duur is vanweë die hoeveelhei­d manure betrokke. Die veelvoud optredes gehou deur die polisie, die sake aanhangig gemaak teen Company, die petisies opgetrek vanuit die gemeenskap moes dus bydra tot die bewyslas dat Bokmakieri­estraat 118, ten spyte daarvan dat die aangeklaag­de dwelmsmous in aanhouding was, as ‘n instrument om ‘n misdryf te pleeg beskou kon word, het mnr Rhoda verduideli­k.

“Daar moes dus bewys kon word dat die perseel meer as net ‘n irritasie of stoornis vir die gemeenskap is. Die enigste oorblywend­e manier om die gemeenskap te help, sou die verkryging van ‘n verbeurver­klaringsbe­vel behels.”

Die eiendom is nie van veel waarde nie, dus was dit geen maklike taak nie omdat die verkoop daarvan nie sou opweeg teen die regskoste betrokke by die proses nie.

Aangesien dit egter duidelik was uit die bewyslas, dat die gemeenskap van Tarka ernstig gebuk gegaan het onder die dwelmeuwel in hulle midde vanweë die bedrywighe­de by Bokmakieri­estraat 118, aldus mnr Rhoda, is die nodige prosesse wel in plek gesit en beslissing­s dienooreen­komstig voltrek.

“Ons wou ‘n baie sterk boodskap uitstuur met hierdie beslissing.” Mnr Rhoda het ook bevestig dat die beslissing aangaande Bokmakieri­estraat 118 juis besonders is, aangesien dit ‘n eerste in die Suid-Kaap is.

Sersant Heinrich Hansen is ondersteun deur ao Deon Louw in die suksesvoll­e afhandelin­g van die saak.

 ??  ?? Stasiebeve­lvoerder luitenant-kolonel Albert Haggard en ondersoekb­eampte, sersant Heinrich Hansen het rede om tevrede te wees met die beslissing aangaande dié perseel na volgehoue pogings om misdaad daar hok te slaan.
Stasiebeve­lvoerder luitenant-kolonel Albert Haggard en ondersoekb­eampte, sersant Heinrich Hansen het rede om tevrede te wees met die beslissing aangaande dié perseel na volgehoue pogings om misdaad daar hok te slaan.
 ??  ?? Bokmakieri­estraat 118 van binne. “Hier orals het mense dwelms gedoen.”
Bokmakieri­estraat 118 van binne. “Hier orals het mense dwelms gedoen.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa